Munisipaliteit reageer ná seun doodskok

Jaden Landsberg (10) se foto op die plek waar hy doodgeskok het. Foto: Reuben Swanepoel van Phoenix Security

Jaden Landsberg (10) se foto op die plek waar hy doodgeskok het. Foto: Reuben Swanepoel van Phoenix Security

Die Thaba Chweu-munispaliteit het Maandag sy voorlopige bevindinge bekend gemaak nadat Jaden Landsberg, ʼn gr. 5-leerder aan Laerskool Lydenburg, Vrydag doodgeskok is toe hy saam met maats gaan fietsry het.

Phuleng Mapheto, die munisipaliteit se kommunikasie en bemarkingsbestuurder, het by navraag aan Maroela Media gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat swaar reën die afgelope tyd ʼn poel water in die omgewing laat vorm het.

“Ons het ons rekords nagegaan en daarvolgens is vasgestel dat die munisipaliteit geensins enige werk of uitgrawings onlangs in die gebied gedoen het nie,” het Mapheto gesê.

“Ons vermoed dat iemand in die omgewing met ʼn slootgrawer-laaigraaf-trekker (TLB) probeer het om water uit die pad te herlei en dat ʼn munisipale kragkabel in die proses gebreek en ontbloot gelaat is.”

Mapheto het gesê die beskadigde kabel is nooit by die munisipaliteit aangemeld nie en daarom het niemand van die ontblote lewendige kabel geweet nie.

“Daar word beweer dat die uitgrawings vroeër vanjaar daar gedoen is deur ʼn onbekende persoon of instansie met ʼn TLB”. Hy het gesê die munisipaliteit het ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur om die presiese feite rondom die voorval vas te stel.

Mapheto het namens die munisipaliteit sy innige simpatie met die oorledene se gesin, vriende en familie uitgespreek.

Maroela Media het vroeër berig Jaden se ouers, dokters en ander gemeenskapslede het verbete geveg om hom by te bring nadat hy op sy fiets deur ʼn poel water op die hoek van Rivier- en Lombaardstraat gery het en doodgeskok is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jan Wright ·

Al is die kabel deur iemand anders beskadig moes die beveiling verder stroom op die breker “getrip” het toe die kabel beskaidg was. Duidelik weer n saak van geen verantwoordelikheid vat nie.

Francois le Cochon ·

Die sekering is vervang met ‘n stuk bloudraad!

pieter ·

Maak nie saak wie daai gewerk het nie dis die munisipaliteit se verantwoordelikheid vir daai klomp water wat daar le glo nie dit le n uur da nie so neem verantwoordelikheid mnr die munisipale bestuurder of wat jy ook al genoem word.

KP ·

Al word n kabel perongeluk af gegrawe of af gekap agv diefstal moet daar beveiliging op die kabel wees wat die toevoer dadelik afsny. Dit het duidelik nie gebeur nie, so die Mun moet pa staan. Dagvaar hulle vir nalatigheid.

Janet ·

Wel hoe ook al die munisipaliteit mort verantwoordelikheid aanvaar. Ek sal n klag teen hulle maak as ek die ouets is

Milan ·

Was my net een van hulle wat al ooit skuld erken het. Net een asb.

Verstom ·

My inige simpatie aan die ouers, vriende en famielie wat agterbly. Hy was nog jonk en het dit nie verdien nie. Dit is nogsteeds nalatigheid van die munisipaliteit as hul nie weet van oop kabels nie. Moet dit nie hier los nie.. Ek stem. Vat dit verder…. dit bring nie jul kind terug nie maar jul kan dalk n volgende kind se lewe red….

Danielle ·

Eerste wil ek net se my hart gaan uit na Hendrien en gesin,geen woorde kan die seer weg vat nie ons hele dorp dink aan julle! Daai kabel is nie die enigste een in die dorp nie daar is oral kabels wat oop is wat daar net mooi niks aan gedoen word nie al gee mense dit aan dit bly net so.

bokkie ·

Ek aanvaar geen verskoning van ons sogenaamde regering nie hul is agterlosig in als wat hul doen en niks sal die ouers en sussie se pyn wegvat nie niks nie afriforum ASB gryp in en help iemand moet PA staan vir die groot eina

Ella ·

Hulle lieg!! Daardie munisipaliteit is useless verby!! Dagvaar hulle! Probleem is net hulle gaan nie geld he om te betaal nie.

Oosie ·

Dis waar, maar soos by ‘n ander mun. moet daar na die hofsaak beslag gele word op alle vooertuie (lees luukse) meubels, ens. Net om hul ‘n les te leer…

E ·

Nou ja, laat die munisipaliteit en die maatskappy of persoon/e wat daar gegrawe het besluit wie is te blaam. Die saak kan nie daar gelaat word nie.
Jammer vir die ouers en sussie. Dit is vreeslik hartseer.

Amanda ·

AS ‘n padskaper daar gewerk het ……..dit is tog ‘n groot ding…..MOES iemand dit mos gesien het! En ja iewers moes iets dan getrip het!!

Soekie ·

Hartverskeurende tye oor ons land. Dit is net dood, pyn in families en verskeurde harte. Ek huil daam met julle. Dit is onvervangbare verlies van jul kodbare Jaden. Gaan die mense hul agterlosigheid erken. Of voel hulle, gelukkig het dit nie met my, my kind of kleinkind gebeur nie. Staan op en erken jul aandeel. Ek hoop die ouers kan eis. Dit bting nir Jaden terug nie.y hart is so seer oor elke onnodige dood of slagting v boere elke dag. God U is die regverdige Regter.

Cherokee ·

In hul eerste ondersoek is bevind dat die kabel nie stroomdraend was nie. Dit klink nie asof hulle dit probeer verduidelik nie en dit skep vrae oor enige van hul ondersoeke.

Soekie ·

Jammer oor tikfoute. My trane loop. Lees dit maar reg. Dankie.

Paul ·

Dit het op muniesepale grond gebeur deur minusipale krag . As mens hulle kan pakslae gee oor n pothole wat mense beseer kan hulle nou die selfde pak kry en vir moord aan gekla word word , want hulle het versuim om n gevaarlike situasie reg te stel of af gebaken dat niemand daar mag in gaan nie . Daar was nie eers n bord op om te waarku BLY WEG OF BLY UIT NIE .

vermeende ·

Kyk nou net die dubbele standaarde, as jy jou huis verkoop dan moet jy n elektriese sertefikaat indien dat alles reg en getoets is nou waarom het die munsipate aardlek nie gewerk nie en wanneer laas is hy getoets?

Hierdie sterfte kon voorkom gewees het was daar nie nalatigheid nie.

callie ·

Hoop julle het fotos geneem. As daar bloudraad gebruik is gaan iemand tronk toe. Asb help en moenie die saak los nie.

Maresa de Clercq ·

Ek wou eers geen kommentaar gelewer het nie. Dis my plig as ‘n ouer van Lydenburg om iets te sê. Ons lees gedurig berigte op facebook waar mense berigte gesit het oor hoeveel keer hulle die munisipaliteit gekontak het oor krag drade wat die munisipaliteit dit oop gegrawe het en net so gelos het en dan as hulle gekontak word om uit tevind wanneer gaan hulle dit kom reg maak dan antwoord hulle hulle sal iemand stuur. Weke gaan verby, maande gaan verby en niks gebeur nie. Die munisipaliteit se antwoord vat ek met ‘n knippie sout.

Alex ·

Daai plas water is al vir jare daar… Ek ry gereeld met my bakkie daar deur as ek 4×4 gery het dan spoel dit die suspensie af. Dis gin van onlangse swaar reën nie. Al wanneer daai plas water nie daar is nie is in die winter. Verskoning op verskoning. Playing the blame game…

Renier Lubbe ·

Die ondersoek rondom wie het die gat met die TLB bewerk is eintlik onnodig. Dit was sekerlik werk wat die Munisipaliteit nagelaat het om te doen in die eerste plek.

Hulle moet eerder die lewendige kragkabel ondersoek. Hulle moet begin by waarom het die aardlek waaraan die kabel gekoppel was nie uitgeskop nie.

Die Munisipalebestuurder en die Uitvoerendebeampte (wat hulle die man in die hoge pos noem weet ek nie) in beheer van die Elektrisiteitsdepartement is strafregtelik verantwoordelik en moet dienooreenkomstig vervolg word.

Scalla ·

Tragiese geval, net n bewys dat hul nie opgewasse is vir die taak nie en altyd verantwoordelikheid systap, pateties verby van bo tot onder, n vis vrot van sy kop af

Conrad ·

ok kom ons maak of iemand anders die kabel beskadig het en dat dit wel nie aangemeld was nie … maar die feit bly staan daai water poel vorm al vir baie jaare op daai hoe ek weet ek ry baie daar hoekom is die pad nog nooit daar reg ge maak nie dan sou die water nie daar kom opdam nie sorry TCM nice try julle probeer net julle spore toe vee en alle inwoners weet hoe julle die gemeenskap belieg

Elizabeth zeeman ·

Ek het daar Groot geword en het begin van maand daar deur gery oppad wildtuin toe en was geskok oor die toestand van die paaie in Lydenburg . Vol gate one Moes om hulle ry so nou gaan hulke duisende rande gebruik vir n ondersoek maar die bewys is daar hulle doen nie hulle werk nie

Charmaine ·

Lydenburg sit gereeld met geen krag of water en met die afgelope naweek se hartseer gebeure is al hoe meer plekke uitgewys waar oop krag kabels le….dis natuurlik di oorsaak van so baie kragonderbrekings veral as dit reen. Let wel dat ek woord sal glo wat die munisipaliteit se nie….net so het julle eie elektrisien die krag getoets en was daar geen “lewendige toevoer” nie….n privaat elektrisien is genader vir n 2 de opinie wat op video bewys het daar hardloop 230 volt deur daai einste ou kabeltjie….Julle was nalatig hou op om die skuld by iemand anders te soek en vat julle pak soos n man. Julle is verantwoordelik vir Jayden se dood en sy ouers ae hartseer en leemte.

maryka ·

wil iemand nie bietjie navrae doen by die mense wat da naby bly nie want da is mense wat se hulle het aan kabels gewerk voor dit daai begin reen het en dit net do gelos ?

Sue ·

Dit is nou baie gemaklik. Hier is n kind dood en dis nou n onbekende persoon met n TLB se skuld. Die munisipaliteid sal maar moet “Pa”staan vir wat in hul strate gebeur. As die sogenaamde persoon met die TLB dan wat ookal gedoen het, moes die munisipaliteid dadelik ondersoek ingestel het. Dis agterlosig en nalatig!

Arme familie en vriende van die seun – mag julle vrede vind in die hartseer tyd.

AA ·

Kan die gras so vinnig grooi daar waar die TLB blykbaar gewerk het?! ek twyfel sterk.
Sterkte aan die Landsberg gesin…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.