Munisipaliteit se geld tydens transitorooftog gesteel

Group Four Security Services-geldwa (Argieffoto)

Group Four Security Services-geldwa (Argieffoto)

Kontant wat aan die Abaqulusi plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal behoort, is Vrydag tydens ʼn transitorooftog buite die munisipale kantoor gesteel.

“ʼn Geldwa van Group Four Security Services het die geld by die kantoor in Vryheid opgelaai toe vier gewapende mans toegeslaan het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die veiligheidswagte is ontwapen en die vier het gevlug met ʼn onbekende hoeveelheid geld.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Ek kan nie verstaan dat groot besighede, banke, munisipaliteite,ens. nog nie so ingerig is dat die verwisseling van geld binne n vertrek waar die voertuig kan in ry en die deure gesluit kan word, plaasvind nie. Skrik tog wakker. Ons self is dikwels die oorsaak vir al hierdie wandade. Ek lees die geld is buite die munisipale kantoor gesteel

HEVW ·

Maroela Media skrik tog wakker. Wil julle nie die kommentaar plaas nie of vat dit maar ure. Ek herhaal die kommentaar.
Ek kan nie verstaan dat groot besighede, banke, munisipaliteite, ens. se geldwisseling nog steeds buite geboue plaasvind nie. Dit behoort binne n aangrenssende vertrek met veiligheidsdeure waarin die motor getrek kan word, plaasvind. Ek lees die rooftog het buite die munisipaliteit se kantoor plaasgevind.Instansies verantwoordelik vir hierdie dienste behoort dit n vereiste te maak.

Drieks ·

HEVW, ons leef in misdaad land, en hul doen niks. Hul hou die deur oop vir diewe. Slim denkers die van ons,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.