Munisipaliteit spook om krag na Brakpan te herstel

kragdradeDie Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê ingenieurs werk al om die uur om elektrisiteitstoevoer na Brakpan in die Oos-Rand te herstel nadat ʼn brand by die Van Eckpark-substasie uitgebreek het.

Themba Gadebe, die munisipaliteit se woordvoerder, het gesê al die gebrande toerusting is vervang en ingenieurs het deurnag gewerk.

Gadebe het teen 12:30 gesê sowat 80% van die werk is gedoen en dat hulle op skedule is om te poog dat elektrisiteitstoevoer teen 15:00 herstel is.

Die dorp is sedert Maandagmiddag sonder elektrisiteit nadat die brand ontstaan het.

“Ekurhuleni vra om verskoning vir enige ongerief en wil inwoners verseker dat ons alles in ons vermoë doen om kragtoevoer te herstel,” het Gadebe gesê. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

gatvol van brakpan ·

Ek is n inwoner van brakpan al vir 9 jaar .n mens kry net verskpnings uit die mense uit nie antwoorde nie
Hullle het gese 15 h toe weer 17 uur dis nou 19:32 en nog niks krag nie .hulle ook vol beloftes .ai dink aan die mammas met babas .kids moet skool toe hulle bad in skotels .mense wat hulle heell maand se vleis verloor .wie gaan vir dit betaal o ja vergeet weer eens .hulle se sory vir ons verlies

Kosie ·

Hou op kla julle Brakpanners. Maak dit ‘n romantiese aand by kerslig of weet julle nie meer hoe nie!

Peter Says ·

Verstaan tog, niks maar niks vlot sonder beplande onderhoud nie…jy ry nie n kar totdat dit gaan staan nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.