Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê ingenieurs werk al om die uur om elektrisiteitstoevoer na Brakpan in die Oos-Rand te herstel nadat ʼn brand by die Van Eckpark-substasie uitgebreek het.
Themba Gadebe, die munisipaliteit se woordvoerder, het gesê al die gebrande toerusting is vervang en ingenieurs het deurnag gewerk.
Gadebe het teen 12:30 gesê sowat 80% van die werk is gedoen en dat hulle op skedule is om te poog dat elektrisiteitstoevoer teen 15:00 herstel is.
Die dorp is sedert Maandagmiddag sonder elektrisiteit nadat die brand ontstaan het.
“Ekurhuleni vra om verskoning vir enige ongerief en wil inwoners verseker dat ons alles in ons vermoë doen om kragtoevoer te herstel,” het Gadebe gesê. – SAPA
Dit is al 18:30 en nog geen krag nie!
Ek is n inwoner van brakpan al vir 9 jaar .n mens kry net verskpnings uit die mense uit nie antwoorde nie
Hullle het gese 15 h toe weer 17 uur dis nou 19:32 en nog niks krag nie .hulle ook vol beloftes .ai dink aan die mammas met babas .kids moet skool toe hulle bad in skotels .mense wat hulle heell maand se vleis verloor .wie gaan vir dit betaal o ja vergeet weer eens .hulle se sory vir ons verlies
Weet jul hoe laat gaan krag aan kom
Hoopelik gaan ons krag netnou aan kom .moeg vir sit sonder krag .
Hou op kla julle Brakpanners. Maak dit ‘n romantiese aand by kerslig of weet julle nie meer hoe nie!
Verstaan tog, niks maar niks vlot sonder beplande onderhoud nie…jy ry nie n kar totdat dit gaan staan nie…