Munisipaliteit te blameer vir afgebrande skole, sê DA

Argieffoto

Argieffoto

Die DA in Noordwes het Maandag gesê die Tswaing-munisipaliteit se onvermoë om water aan die Kopelang-gemeenskap naby Delareyville te lewer, het nou tot gevolg dat meer as 1 000 leerders nie meer toegang tot onderrig het nie.

Dr Tutu Faleni, die Demokratiese Alliansie (DA) se provinsiale onderwyswoordvoerder, het gesê die gemeenskap het tot gewelddadige betogings oorgegaan uit moedeloosheid oor die tekort aan basiese munisipale dienste. Maroela Media het vroeër berig drie skole en ʼn kliniek is tydens die betogings afgebrand.

Volgens Faleni is ʼn vierde skool ook intussen deur ʼn brand verwoes. “Meer as 1 000 leerders het nou geen heenkome nie en dit sluit matrikulante in wat binne ʼn paar weke met hul finale eksamens begin,” het hy gesê. “Die DA veroordeel enige vorm van geweld,en ons is baie bekommerd dat gemeenskappe so drasties optree om hul boodskap oor te dra aan die plaaslike regering, wat bloot sy rug draai op die gemeenskappe wat ly.”

Volgens Faleni het Supra Mahumapelo, die premier, Vrydag tydens sy besoek aan die gemeenskap belowe dat hule besware aandag sal geniet. “Die DA sal seker maak dat die premier sy belofte nakom. Die party sal ook skryf aan Wendy Matsemela, die LUR van onderwys, om dadelik ‘n alternatiewe leeromgewing vir die skoliere te skep wie se klaskamers afgebrand het,” het Faleni gesê.

“Ons sal deurentyd die onderrig- en leersituasie by die beplande matriekkamp monitor om te verseker dat die Graad 12-leerders die nodige onderrig en ondersteuning kry om hul finale eksamens suksesvol te voltooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andre ·

Foei en nou is almal bekommerd oor die kinders wat veronreg is. Wie het hulle veronreg? Hulle eie mense. Hulle eie familie/vriende/bure. Dis tog mense uit daardie omgewing wat die skade aangerig het. En watter voorbeeld stel dit vir die kinders? Breek af, iemand anders sal dit weer regmaak. As jy soos ‘n barbaar wil optree, moet jy maar verwag om soos een behandel te word!

Mike de Beer ·

As die gemeenskap hulle skool afbrand dan is die gemeenskap tog skuldig aan die afbrand van die gebou? Die munisipaliteit het nie die gebou afgebrand nie. Noudat die gebou afgebrand is nou is die gemeenskap nog slegter daaraan toe. Waar hulle voorheen net swak dienslewering gehad het hulle nou swak dienslewering EN ‘geen skool nie. Daar is tog ander maniere om jou ontevredenheid oor te dra?

nico ·

Stem saam die inwoners moet dit self herbou omdat hulle dit afgebrand het leer hulle sommer om te gaan werk en vir die dienste ook te betaal want niks is verniet nie

Winston ·

Hulle wil agterbly sodat iemand anders weer die skuld kan kry. Pleks daarvan moet lede van die gemeenskap liewer in n spieël gaan kyk. Siedaar! Daar staan die oorsaak dat hy n agtergeblewene is.

Fanie ·

Die DA sterk hulle net meer in hulle kwaad.
Hulle nie dankbaar v skole en onderrig. Waardeer niks. Sê nie Asseblief of Dankie nie. Mors in elk geval met die water. En steel d krag. Betaal v niks.
Die tyd is al oorvrot dat hulle moet begin betaal en werk v hulle wandade en vandalisme.

Johann Marx ·

My munisipale rekening vir laasmaand is R14 000,00. Nou gaan ek my kinders se skool afbrand. Viva, Afrika, Viva….

JoeV ·

Dis tragies man, al die tyd het mense gedink dit was oor barbare met vuurhoutjies en petrol daar gespeel het!!
Wys jou net hoe die koerante berig! tsk!

Bruno Stef ·

Ek vra maar net n onskuldige vraag ASB Maroela moet dit nie weer verkeerd interpreteer nie.As die betogers hulle liewer toespits op die raadslede se swart motors met die swart getinte vensters kan dit dalk n groter impak maak as die bogenoemde raadslede dadelik tot n voetganger ge-reduseer word.Die skade wat dan aangerig word is kollektief gedoen aan die verantwoordelikes en nie die gemeenskap se eie infrastruktuur nie

Grassie ·

Bruno – jy is reg. In plaas daarvan dat hulle die werklike wanpresteerders en plunderaars van openbare fondse bykom vernietig hulle nou hul eie bates en infrastruktuur. Die werklike uitbuiters leef rustig voort, word nog vetter en koop nog ‘n Merc.

Grassie ·

Die DA het nou sy ware kleure gewys. Die gepeupel brand hul eie kinders se skole en hul eie kliniek af. Dit gaan baie verder as misdaad – dit is uit en uit terrorisme. Maar die DA sê dit is die munisipaliteit se skuld. Dit is duidelik dat hulle net agter die stemvee se stemme aan is en bereid is om beginsels en gesonde verstand oorboord te gooi in die proses.

Rynhardt ·

DA,julle is nou skielik bekommerd oor die Tswaing-munisipaleteit se onvermoe om water te lewer?DA,julle is die grootste toneelspelers in SA!Julle ondetsteun juis dan die transfornasie van alle munisipaliteite!Stop om “games” te speel met publiek,want jul toneelspel is uiters vrot!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.