Munisipaliteit wil R500 miljoen se skuld invorder

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die munisipale bestuurder van die uMgungundlovu-distriksmunisipaliteit in die KwaZulu-Natalse Middellande het Dinsdag gesê dié munisipaliteit sal besighede en staatsdepartemente vervolg wat hom altesaam R500 miljoen skuld vir dienste gelewer.

Dr. Ray Ngcobo is gister deur Thobekile Maphumulo, burgemeester van uMungunglovu, bygestaan gedurende ʼn mediakonferensie waartydens albei verwys het na ʼn kultuur waarin die munisipaliteit nie betaal word vir dienste gelewer nie.

Ngcobo beskuldig besighede daarvan dat hulle wins maak ten koste van die munisipaliteit. Hy het die departement van onderwys uitgesonder as een van die instansies wat die munisipaliteit die meeste geld skuld.

“Die onderwysdepartement skuld ons miljoene rand omdat ons water aan skole voorsien. Ons weet dat die departement ’n begroting hiervoor het, maar niemand [by die departement] is gepla om ons daarvoor te vergoed nie. Daarom gaan ons na die departement toe gaan om te kry wat aan ons verskuldig is,” het Ngcobo gesê.

Hy het verduidelik dat dit moeilik is om die hele distrik van water te voorsien en verwys na ’n begroting wat nie met die groeiende bevolking tred hou nie.

Daarbenewens bars heelwat waterpype in die distrik en Ngcobo het toegegee dat die munisipaliteit nie genoeg geld in sy reserwes het om dié pype te herstel nie.

“Ons kort R5 miljard om die verouderende infrastruktuur in munisipaliteite wat onder die distrik val, te herstel, want ons pype is steeds hoofsaaklik van asbes, wat soos u weet nie meer gebruik word nie. Dit is die soort uitdaging wat ons nou in die gesig staar.”

Die munisipaliteit sal sy skuld invorder deur diegene wat nie hul rekenings betaal nie, se water af te sny. Die Camperdown-landdroshof en die uMngeni-munisipaliteit se water is reeds om dié rede afgesny, het Ngcobo gesê.

Die distrik verskaf water aan ses munisipaliteite, onder andere Richmond, Camperdown en Howick, waarvan die bevolking meer as ’n half miljoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dell

Die bose kringloop van geen verantwoordelikheid van alle kante en die belasting betaler sit sonder water agv gebarste pype en moet elke maand tot op die sent betaal om dienste gelewer te kry. Maar ons is al so gewoond aan die swak diens en bedrog dat ons maar net doen wat ons kan.

ChrisE

Ek glo mos daardie dêng van die blinde sambok. As ek reg onthou was daar op ‘n stadium in die land mos proteste en ‘n kultuur van wanbetalings en boikotte aan die orde van die dag. Wat het nou gebeur? Die kultuur is nog steeds daar maar daar is ‘n groot verskilletjie. Die skoen is nou aan die ander voet.

NET EK

Wel dan begin met die wat n rekening het van R23451.20 wat net R50.00 op die rekening betaal

Denise

Ek verstaan dié onding van SKULD nou gladnie…???
HÓÉ OP DEES AARDE,KRY MUNISIPALITEITE DIT REG?
Ék móét maandeliks, vir alle dienste gelewer ONMIDDELIK BETAAL of my dienste word opgeskort..!!!
Short-and-Sweet!
Of word daar na die naam en van en woonbuurt gekyk,vir SKULD??

Gert

Hy is seker nou pas verkies tot Burgermeester, van volgende week af kom hy agter dit was n dom besluit om agterstallige geld in te vorder want hy moet nou self betaal!!!