Munisipaliteite in Mpumalanga skuld Eskom miljarde

Foto ter illustrasie. (Foto: Josh Appel/Unsplash)

Die haglike stand van Suid-Afrika se munisipaliteite en ʼn bydraende faktor tot Eskom se geldprobleme word deeglik uitgelig deur die situasie in Mpumalanga waar die VF Plus vasgestel het dat net tien munisipaliteite se Eskom-skuld altesaam R12,5 miljard beloop.

Dit blyk uit ʼn antwoord van Busisiwe Shiba, Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), op ʼn vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die groot sondaar is die eMalahleni- plaaslike munisipaliteit wat Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank bedien. Dié munisipaliteit skuld Eskom sowat R5,5 miljard.

Die Govan Mbeki-munisipaliteit (wat Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda en Trichardt bedien) skuld dié kragvoorsiener R2,7 miljard, gevolg deur die Lekwa-munisipaliteit (Morgenzon en Standerton) met R1,4 miljard.

Thaba Chweu-munisipaliteit (Graskop, Lydenburg, Mashishing, Pelgrimsrus en Sabie) skuld Eskom R975 miljoen en Mbombela (Barberton, Emoyeni, Entokozweni, Hazyview, Kaapschehoop, Kabokweni, Kanyamazane, Luphisi, Matsulu, Mbombela, Mpakeni, Msogwaba, Ngodwana, Skukuza, Tekwane en Witrivier) R746 miljoen.

Victor Khanye (Delmas) is met R413 miljoen in die rooi, gevolg deur Mkhondo (Amsterdam en Piet Retief) met R301,5 miljoen. Msukaligwa (Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo en Lothair) skuld R209,5 miljoen, Dipalesen (Balfour, Greylingstad en Grootvlei) R89,8 miljoen en Emakhazeni (Dullstroom, Waterval-Boven en Machadodorp) R36 miljoen.

“Hieruit blyk dit duidelik dat munisipaliteite die geld wat getroue belastingbetalers vir elektrisiteit aan hulle betaal, nie aan Eskom oorbetaal nie, maar vir ander doeleindes aanwend,” sê Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Mpumalanga.

“Mpumalanga se regering sal dringend moet ingryp en druk plaas op munisipaliteite om hul verpligtinge teenoor Eskom na te kom en sodoende te verhinder dat plaaslike ekonomieë ten gronde gaan. Indien nie, sal hy die verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verliese wat sakeondernemings en inwoners gaan ly indien Eskom besluit om sy dienste aan die onderskeie munisipaliteite te staak.”

Volgens Weber is die moontlikheid van ingryping deur administrasie nogtans nie vir die VF Plus ʼn uitweg nie aangesien dit bloot lei tot groter ongerymdhede en wanbetaling, soos herhaaldelik al bewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anel ·

Verminder die lot se massiewe salarisse. Betaal hulle gewone staatsamptenaarsalaris. Die werk wat hulle doen, regverdig defnitief nie die vergoeding nie. En vat al die onnodige voordele weg. Dis net onaanvaarbaar dat gewone mense hulle rekeninge betaal maar die krag word afgesit want Eskom word nie betaal nie.

Henk ·

BEE is nog in volle swang. Ek stem saam met jou voorstelle, maar die skelms sal dit nooit aanvaar nie.

Eidel ·

Die antwoord is eenvoudig. Kla die aan wat nie hul werk doen nie. Klagte kan wees. Non performance. Refuse to fulfill their daily tasks. Die aanklagtes kan lei tot beëindiging van diens. Stel nuwe opgeleide werkers aan.

Casper ·

Eidel nou waar gaan jy opleibare werkers kry as die slaagsyfer net 30% is.

Yvonne ·

Stem saam met Anel…hulle verdien astranomiese salarisse vir min doen….hoe op aarde dink die mense. …mens betaal eers jou skuld…maar vir jare aan een is daar nie teen hulle opgetree nie…so dit is die resultaat…..hoe kan Eskom sy werk na behore doen as hy nie betaal word nie….nee o genade…wat n gemors

Danie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat n munisipaliteit wat elke jaar met n vooraf goedgekeurde begroting werk weier om een van sy belangrikste krediteure te betaal.
So n mislikkepaliteit behoort bankrot verklaar te word en die hele bestuurspan behoort gefire te word.
Indien hierdie skulde betaal word kan eskom beter funksioneer tot almal in die land se voordeel.
Maar neee ons kyk anderpad en stoot net die tariewe op.

Chris dupreez ·

Gooi die stadsbestuurder en die burgermeesters in die tronk

Sarel ·

Hoekom gryp die Sentrale en Provinsiale Regering niecin nie of weet hullle wasr fie geld hedngazn

casper ·

SKAKEL HULLE AF !!!
As ek nie betaal nie het ek more nie krag nie —
Hoekom moet daar 2 standaarde wees !!!!!!!!!!

Jackie ·

Die persoon of persone wat die nie-betaling magtig behoort aangekla te word vir diefstal en ‘dereliction of duty’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.