Munisipaliteite se beleggings by VBS wás ‘onregmatig’ – OB

Die Openbare Beskermer (OB) het haar bevindings oor ʼn ondersoek na altesame 14 munisipaliteite wat beleggings in die nou geslote VBS Bank gemaak het, Woensdag bekend gemaak – en bevind dit was inderdaad onregmatig.

Die OB het die ondersoek na bewerings van wangedrag en wanbestuur by munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng op eie inisiatief gedoen.

Die OB het nie jurisdiksie oor private maatskappye – soos wat VBS Mutual Bank is nie – en adv. Busisiwe Mkhwebane het vroeër gesê sy gaan nie die bank self ondersoek nie, maar wel of munisipaliteite wat daarin belê het moontlik enige oortredings begaan het.

Die ondersoek is van stapel gestuur op grond van inligting wat deur die media onder die OB se aandag gekom het. Dit is gevolg deur die bekendmaking van ʼn forensiese verslag wat na die beweerde ongerymdhede by VBS gedoen is.

Mkhwebane sê sedert 2018 is daar wyd berig oor die munisipaliteite se beleggings by VBS van groot bedrae geld wat eintlik vir dienslewering bestem was – en dat dit onvanpas en onregmatig was en gelei het tot die misbruik van staatsgeld.

Die OB se ondersoek het gevolglik gefokus op die vraag of die munisipaliteite die staatsgeld wederregtelik by VBS belê het en indien wel, of die gedrag onvanpas was en op wanbestuur neerkom.

Die munisipaliteite betrokke is:

Limpopo: Makhado, Vhembe, Collins Chabane, Elias Motsoaeldi, Groter Giyani, Ephraim Mogale en Tubatse Fetakgomo.

Noordwes: Madibeng, Mahikeng, Moretele, Dr. Ruth Segomotsi Mompati.

Gauteng: Merafong, Wes-Rand.

“Die ondersoek het bevestig dat die geïmpliseerde munisipaliteite onregmatig staatsgeld by VBS belê het,” het Mkhwebane bevind.

Sy het ook die enorme bedrae geld genoem wat die munisipaliteite, waarvan talle steier onder finansiële probleme en gebrekkige dienslewering, genoem.

Dís wat plaaslike owerhede onregmatig by VBS belê het (en verloor):

  • Makhado: Belê R155 miljoen tussen 2016 en 2017 en verloor R60 miljoen
  • Vhembe: Belê sowat R1,07 miljard en verloor meer as R300 miljoen
  • Collins Chabane: Belê sowat R120 miljoen en verloor alles
  • Elias Motsoaledi: Belê R190 miljoen in 2016-’17 en weer in 2017-’18
  • Groter Giyani: Belê sowat R153 miljoen en verloor alles
  • Ephraim Mogale: Belê R80 miljoen in 2016 en 2017 en verloor alles
  • Fetakgomo Tubatse: Belê tussen 2016 en 2018 R230 miljoen en verloor alles
  • Lepelle-Nkumpi: Belê R100 miljoen vir 12 maande en R50 miljoen vir drie maande in 2017 en verloor al R150 miljoen
  • Madibeng: Belê R60 miljoen in 2017. R30 miljoen word terugbetaal en R30 miljoen verloor
  • Mahikeng: Belê byna R90 miljoen en verloor meer as R82 miljoen
  • Moretele: Belê R258 miljoen tussen Julie 2017 en Januarie 2018 en verloor meer as R50 miljoen
  • Ruth Segomotsi Mompati: Belê R210 miljoen tussen Julie 2017 en Maart 2018 en verloor meer as R150 miljoen
  • Merafong: Belê R50 miljoen in 2017 en verloor eindelik alles
  • Wes-Rand: Doen 19 beleggings tussen Februarie 2015 en Februarie 2018 wat byna R390 miljoen beloop. Die munisipaliteit verloor eindelik meer as R227 miljoen se staatsgeld.

Mkhwebane sê die beleggings was ʼn skending van die bepalings van die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies, regulasies oor munisipale beleggings en beleid wat dié plaaslike owerhede se beleggings bestuur.

“Die geld wat verloor is kon gebruik geword het om dienslewering in die gemeenskappe te verbeter,” sê die OB.

Mkhwebane beveel in haar verslag aan dat die munisipale bestuurders by die betrokke owerhede verseker dat amptenare wat beleggings hanteer binne 90 dae opleiding ontvang en werksessies oor tersaaklike wetgewing, regulasies en beleid oor munisipale beleggings bywoon.

Hulle moet ook kwartaalliks aan die raad terugvoer gee oor die status van beleggings, moet verseker dat gereelde oudits gedoen word en terugvoer gee oor die inwerkingstelling van remediërende stappe wat die OB voorstel.

Speakers van die onderskeie munisipaliteite moet op hul beurt verseker dat kwartaallikse verslae aan die aanspreeklike LUR’e en provinsiale tesourie voorgelê word oor die remediërende stappe wat gedoen word.

Die provinsies moet ook gereeld verslae aan die direkteur-generaal van die nasionale tesourie gee oor die stappe wat gedoen word.

Die Valke het sedert die ineenstorting van die bank verskeie inhegtenisnemings in verband met die skandaal gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

piper ·

is al daardie plekke in suid africa? ek weet nie van die plekke nie

Madz ·

Ek sit en wag in SPANNING om te sien wanneer die meesterbreins agter hierdie diefstal ook nou eendag in hegtenis geneem sal word…..

pdbpta ·

Ons hoop die aangeklaagde amptenare kry hul opleiding in die TRONK!

Pieter9 ·

Ons moet net heeltyd ingedagte hou wié hierdie verslag opgestel het; ek sien bv geen aanbeveling van dat daar kriminele vervolging moet plaasvind nie – aangesien jy onwettig ‘n belegging gemaak het en ook ‘n kommissie daarvoor ontvang het gaan jy nou opleiding ontvang; probeer om nie weer gevang te word nie!
In die land van die blindes…

annie ·

Hoeveel jaar is die saak al aan die gang? Gelukkig is daar nou ‘n Africa Bank waarvan glo 50% eienaarskap die Reserwe Bank en glo 25% die staatspensioenfonds. Wonderlik! Wonderlik! Ons hoop nie silwermotte knaag ook hier aan die note nie.

Keith ·

African Bank has been “rescued” and/or investigated so many times, by the SARB, since 1987 already, that i wonder what actually is going on with this African Bank story.

Keith ·

So.. that’s 14 municipalties, with strange unprouncable names, who gave millions to VBS. So.. that means there were at least 14 “officials” who transfered the monies to VBS. But… to even think that there were only 14 people involved, would be testing the average persons intelligence. So… it is more likely that there were probably 3 X 14 people ( 42) actually involved (to start with) – the mayor, the accountant, the bookkeeper, per municipalty. Then there’d be the “officials” at VBS. … and…and.
People , this is a lot of money to have just dissapeared, or to have been “lost”. How many of these people been prosecuted and put inside a cell… yet ?

JM ·

Land van leuenaars, diewe wat glo dat hulle vir ewig daarmee sal wegkom. Hoe lank moet die land nog onder hierdie gemors gebuk gaan? Mag die Here uitkoms gee, ons vergaan!

SjN ·

Die persone betrokke wat die beleggings gedoen het lekker kommissie ontvang, laat hul dit terug betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.