Munisipaliteite skuld meer as R10 miljard aan Eskom

Argieffoto

Argieffoto

Munisipaliteite dwarsoor die land het Eskom aan die einde van Junie meer as R10.8 miljard geskuld, volgens Pravin Gordhan, die minister van samewerkende regering.

“Die departement is in gesprek met alle betrokke partye om ʼn konstruktiewe oplossing te vind,” het Gordhan vandeesweek in ʼn skriftelike reaksie op ʼn vraag in die parlement gesê. Die grootste debiteur is City Power van die stad Johannesburg wat R1.075 miljard skuld.

Mkhuleko Hlangwa, LP van die Inkatha Vryheidsparty (IVP), het die vraag in die parlement gevra en in ʼn verklaring op sy party se webwerf gesê die uitstaande bedrae is skokkend en kommerwekkend. “Munisipaliteite in KwaZulu-Natal skuld R1.27 miljard; munisipaliteite in Limpopo skuld gesamentlik R315 miljoen; munisipaliteite in Mpumalanga skuld R135 miljoen; Noordwes R764 miljoen; Noord-Kaap R225 miljoen en munisipaliteite in die Wes-Kaap R1.27 miljard,” het Hlangwa gesê.

Die Ekurhuleni metro skuld R972 339; die stad Tshwane metro R793 000; die Nelson Mandela Baai metro R292 miljoen; Buffalo City metro R128 miljoen; die eThekwini metro R813 miljoen; Msunduzi munisipaliteit R146 miljoen; en Kaapstad metro R873 miljoen.

“Hierdie buitensporige bedrae is ʼn aanduiding dat die munisipaliteite nie hul skuld op ʼn ordelike en sistematiese manier kan bestuur nie. Daar is duidelik onbevoegdheid in terme van basiese finansiële bestuur,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

andre' ·

Weens ‘n geld tekort in Munisipaliteite word geen krediteure betaal nie maar wel salarisse al

moet hulle ook ‘n lening aangaan daarvoor of die Staat moet uithelp! Dis duidelik grootskaalse

manipulasie en diefstal van belastinggeld!

Demokraat ·

Die massiewe skuld van Munisipaliteite is die gevolg van onbevoegdheid en swak bestuur.

PURE BOER ·

Ja nee,,, Ek wil so graag op daai sous trein klim en saam die pad vat. Dan sing ek sommer “Hoe ry die Boere sit sit soo” lmga,,, nee wat, ek dink da word n ander dientjie gesing

Eben ·

Die ergste is dat munisipaliteite dreig om jou krag af te sit as jy nie betaal. Maar hulle doen so? Hoekom kan elkeen nie sy eie rekening direk aan Eksdom betaal en dienste (as dit gelewer word) aan die betrokke munisipaliteite. Dan kan hulle niks sny nie.

amelia ·

Almal weet mos hoekom somiges kry mos als verniet so die wat betaal betaal alreeds vir die wat nie betaal nie Onwettige aansluitings ens My opinie as jy onwetige aansluiting het dat die gaan werk vir Eskom vir 2 of 3 maande sonder betaling as jy hul toesluit moet staat (belasting betaller) weer sorg vir hul 5 ster verblyf

jjobson ·

DUS I OPROEP/VERSOEK VANAF ESKOM AAN DIE MUNISIPALITEITE WAT SAL EINDIG OP BEURTKRAG. Die verbruiker bly die SLAGOFFER.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.