Munisipaliteite verkies e-pos

Argieffoto

Argieffoto

Al hoe meer munisipaliteite stuur elektroniese rekeninge na hul kliënte weens die voortslepende poskantoorstaking, het die SAUK Dinsdag berig.

Die openbare uitsaaier het gesê Tshwane metro het onlangs ook besluit om eerder elektronies met sy kliënte te kommunikeer.

Privaat koeriermaatskappye het intussen ʼn oplewing beleef, aangesien gewone Suid-Afrikaners en maatskappye eerder daarvan gebruik gemaak het om te verseker dat pakkies en briewe afgelewer word.

Maroela Media het Dinsdag berig dat werksaamhede by meeste poskantore hervat het. Klik hier om meer te lees.

Volg die verloop van die Poskantoor-staking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Conrad ·

Wat kry ek by die poskantoor? Posstukke in n posbus. Ek gaan my posbus opgee, want ek kan al my posstukke elektronies kry. Ek betaal baie per jaar vir my posbus, waarvan ek die jaar vir drie maande geen diens gehad het nie. Dit gaan sommer ook n paar bome spaar.

Theresa ·

En wat van al die ou-mensies wat nie rekenaars of internet het nie…..?????

Conrad ·

Theresa, ek moedig niemand anders aan om dit te doen nie, dit is wat ek gaan doen.

Babs ·

Het twee weke gelede e/pos gestuur aan Stad Kaapstad maar geen terugvoer gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.