Munisipaliteite wat Eskom geld skuld by OB verkla

(Argieffoto: pixabay)

Die VF Plus sê belastingbetalers kan nie langer aanspreeklik gehou word vir die wanbetaling van munisipale rekeninge aan Eskom nie.

“Ná talle pogings om die herhaalde munisipale kragonderbrekings aan te pak en die ernstige probleem aan die departement van samewerkende regering voor te lê, het die VF Plus besluit om ʼn klag by die Openbare Beskermer (OB) in te dien teen die munisipaliteite van Dipaliseng (Balfour, Greylingstad, Grootvlei), Govan Mbeki (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) en Lekwa (Morgenzon, Standerton),” het Werner Weber, VF Plus-leier in Mpumalanga, gesê.

Weber sê weens die wanadministrasie van dié munisipaliteite is belastingbetalers wat hul rekeninge getrou betaal nou onderhewig aan beurtkrag wat soms tot 12 uur duur.

Hy sê die party ontvang deurlopend klagtes van inwoners in dié munisipaliteite waar mense kos moes weggooi weens swak skedulering van krag, of geen kennisgewing dat beurtkrag in werking gestel gaan word nie.

Weber sê sakeondernemings wat gedurende die afsonderingstydperk kon werk, het groot verliese weens die aanhoudende kragonderbrekings gely.

“Die VF Plus is oortuig dat die OB hierdie ernstige saak moet ondersoek en aanbevelings doen oor hoe inwoners eise teen munisipale versekeringsfondse kan instel sodat die munisipaliteite gedwing kan word om inwoners te vergoed vir skade wat gely is, ongeag wat die skade behels.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Hulle kan en sal nooit n land kan best nie dit wil ek nog sien. Dit gaan orals in afrika so

Michael 1 ·

Dit is ongelukkig die gevolge waarmee de klerk en meyer ons gelos het deur hulle ondeurdagte oorgawe sonder om te verseker dat sleutel punte in sa onder kundigheid bly maar die feit dat Andre de Ruyter aan die stuur is isn bonus ongelukkig gaan dit tyd vat om die gemors reg te maak

Karlahari ·

Dankie VF+.
Wat ek nie kan verstaan nie is dat die burgemeesters en munisipale bestuurders waar eskom geld nie oorbetaal word nie van bedrog aangekla word nie.
Sterkte. En ek weet selfs nie VF+ ondersteuners sal julle hier ondersteun.

Renier johannes ·

Ons in amsterdam mpumalanga wat onder mkondo munsipaliteit val het 5 ure n dag beurt krag kan iemand help dankie

Kokerboom ·

Dankie VF+. Moet dinge net nie verpolitiseer want soos almal weet trek die booswigte dan net stywe nek en niks gebeur. Die hele land is egter een bose bedrogspul en moet aangespreek word.Die een prestasie wat die ANC mooi reggekry het is om die land in 26 jaar total op te voeter. Ek dink egter nie die OB het die kapasiteit en vermoee om die probleme aan te spreek .Ek stel voor dat ‘n nasionale klasaksie geloods word teen die regerende regime

Jaco ·

Dis ANC-beheerde eskom kla ANC-beheerde munisipaliteite by die ANC-beheerde eskom aan. Dis absurd. Hierdie dinge kan met 1 week se administrasie alles binne die ANC-huis afgehandel word. Het die ANC dan NIKS in hulle jare in exile geleer nie? Sulke nonsens was onbekend in kommunistiese lande soos die Sowjetunie, Pole, Oos-Duitsland. Waar party en staat dieselfde was, was geen probleme nie.

Jacobus ·

Solank daar verkiesings is gaan die ANC stadsrade nie teen kragstelers optree nie. En solank daar verkiesings is gaan ANC nie teen ontplooide kaders optree nie. Die nie – oorbetalings van ingevorderde geld plein bedrog. Die goeie betalers se geld word aandgewend vir belaglikke salarisse en luukse motors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.