Muntversamelaar se R1 miljoen-versameling gesteel

ʼn Gegradeerde muntstuk van oudpresident Nelson Mandela wat die diewe op die toneel agtergelaat het. Foto: SAPD

ʼn Gegradeerde muntstuk van oudpresident Nelson Mandela wat die diewe op die toneel agtergelaat het. Foto: SAPD

Die Vrystaatse polisie is op soek na verdagtes wat betrokke was by ʼn inbraak waartydens ʼn muntversamelaar se versameling ter waarde van meer as R1 miljoen gesteel is.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is op 5 Desember by die huis van ʼn 78-jarige man en sy vrou van Virginia ingebreek. Die egpaar was glo uitstedig vir die naweek en het hul 26-jarige kleindogter gevra om na hul huis om te sien.

“Toe die kleindogter die dag van die werk af kom, het sy gesien daar is by die huis ingebreek. Sy het een van die bure gaan roep omdat sy bang was dat die rowers dalk nog in die huis kon wees,” het Mokhuoane gesê.

Nadat hulle ondersoek ingestel het, het hulle gesien dat ʼn plasma-TV uit die huis gesteel en die kluis oopgebreek is. ʼn Muntversameling wat oor die afgelope 30 jaar bymekaargemaak is, R80 000 kontant, ʼn vuurwapen met ammunisie, asook juwele is uit die kluis vermis.

“Weens die sensitiewe aard van die ondersoek kan die identiteit van die muntversamelaar nie bekendgemaak word nie,” het Mokhuoane gesê.

Hy het enigiemand met meer inligting versoek om die ondersoekbeampte ao. Johannes de Lange by 082 782 6353 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ronnie ·

O, so die munt versameling is gesteel toe die kleindogter die huis moes “oppas”… Dit laat my dink…

Dee ·

Die munt verameling in die kluis… dit is logies.
Vuurwapen in die kluis terwyl hulle uitstedig was … miskien behoort dit by hulle gewees het en nie in die kluis nie (tensy hulle baie veilig ‘uitstedig’ was.
R80 duisend rand in die kluis? Vir wat! As dit by die bank gesteel is, sou die bank hulle vergoed het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.