Musiekbedryf verwelkom SAUK-besluit

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het die SAUK se besluit, om vanaf Donderdag minstens 90% plaaslike musiek oor sy 18 radiostasies uit te saai, verwelkom.

Die SAUK het in ʼn verklaring gesê ná omvattende en suksesvolle gesprekke met verteenwoordigers uit die musiekbedryf, het hy die besluit gemaak om meer plaaslike inhoud te prioritiseer wat die diversiteit van Suid-Afrikaanse kulture reflekteer.

Die musiek wat gespeel moet word, moet alle genres insluit met ʼn spesiale fokus op Kwaito, Jazz, Reggae en Gospel.

Die openbare uitsaaier het gesê hy sal met sy gehore in gesprek tree om te evalueer of hulle tevrede is met die veranderinge.

Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte, het gesê die SAUK het ʼn radikale besluit geneem oor sy aanbod van plaaslike inhoud op al sy radio-, televisie- en digitale platforms. “Dit is in hierdie konteks dat die besluit oor plaaslike musiek sal verseker dat die SAUK ten volle die verskeie style van plaaslike musiek reflekteer.”

Musikante en veteraan musikante het hulself tot sosiale media gewend ná die aankondiging gemaak is om die SAUK en Motsoeneng te loof vir die besluit.

Die jazz-legende Don Laka het op Facebook geskryf: “Ek is vandag trots om Suid-Afrikaans te wees. Hierdie man Hlaudi het my vir die eerste keer in baie jare ʼn traan laat stort. [Donderdag] sal julle Suid-Afrikaanse musiek op al SAUK se radiostasies hoor… deel gerus! Uiteindelik vry!”

Laka is al ʼn paar jaar lank ʼn aktivis vir plaaslike inhoud op Suid-Afrikaanse radiostasies.

Bob Mabena, veteraan radiopersoonlikheid, het op Twitter geskryf: “Iemand moet vir die SAUK se Hlaudi ʼn Bells gee. Die man het homself verlos. Plaaslike inhoud op die SAUK.”

Die Hip Hop-kunstenaar AKA het ook die SAUK geloof in ʼn reeks plasings op Twitter: “Dit is die grootste oorwinning in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse musiek. Uiteindelik ʼn omgewing waar patriotisme kan floreer.”

Die openbare uitsaaier het ook onderneem om plaaslike musiek te gebruik tussen televisieprogramme.

Die SAUK het ook onderneem om vanaf 1 Julie 2016 sy plaaslike inhoud op televisiestasies te verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lulu ·

Totsiens ALLE SAUK stasies. Sal maar vir my musiek ens download.

John ·

Lulu, nou’s ons twee. My klassieke cd’s hou psigiater-rekeninge uit my posbus en van nou af ook die ek en ek en ek en my geliefde se pyn en lyding. Boem, boem! Ons volk gaan nou so dom word. Moet tog nie in Rusland gaan toer nie, almal wat so juig. Daardie mense kry hul klassieke musiek saam met hul Purity in. Julle gaan skandes maak. Bly tuis.

Hein ·

Regtig? Ondersteun die kwaito, reagea ens nie hulle plaaslike sangers nie. Ek weet die Afrikaners doen. Ek weet van engelse sangers wat begin om afrikaans te sing net om te oorleef. Het hierdie ander ouens nie hulle eie kultuur nie?

Lo ·

Jazz maar voort RSG weet in elk geval nie meer hoe n horlosie werk nie.

HEVW ·

Wat n voorreg om 80% doof te wees. Gelukkig hoef ons nie van die sauk afhanklik te wees vir ons keuse van musiek nie.

Xa ·

Om skielik so n radikale besluit te neem oor nasionale radiostasies is nog n groot teken van diktatorskap en n vorm van sensuur en verval van mediavryheid. Die stasies wat veral sleg beinvloed sal word is lotus vir die indiese gemeenskap wat meestal musiek uit die ooste speel, 5fm wat jongmense moet gelukkig hou en net op musiek fokus, en X-K fm (as hulle wel bestaan) want ek weet nie of die Khoisan mense n verskeidenheid sangers het nie. RSG behoort OK te wees as Afrikaanse musiek tel, maar as daardie lortlys van generes afgedwing sal word dan is dit n probleem, dit is dan eintlik ongrondwetlik en n ernstige diskriminasie om verskeie minderheidskulture te onderdruk, en ek dink so n saak sal maklik oorwin kan word in n hof.

Jo ·

Het gelukkig baie CD’S en DVD’S van my EIE keuse om na te luister!

THEA SWART ·

dankie tog vir mp3’s kan gelukkig na my eie gemors luister as ek graag wil sal ook net my kar venster moet ooplos en kliphard “delarey delarey” speel as ek deur die middestad ry shame hulle voel werklik verstoot want niemand wil hulle “underground”gemors luister nie nou word dit in ons keelgate afgewurg soos alles deesdae

Boere dame ·

Skakel oor na Bosveld radio! Baie lekker musiek en “golden oldies”, en die stasie open en sluit nog met gebed en skriflesing! Dis opbeurend en eg afrikaans!

broos ·

love Bosveld maar net jammer jy kan hulle nie orals opvang nie :-(

Bloues ·

Kom ek wees eerlik met myself. k is lief vir Afrikaanse musiek MAAR daar is meer Afrikaanse gemors as musiek. RSG, ek is jammer om te hoor julle gaan maar moet sluit oor n paar jaar.

Paplepel ·

Tyd om oor te skakel na LM Radio toe. Net goue oues, minimum praat, 24/7.

Theuns ·

Hier is weer n dieper motief. Gaan die demografiese formule van 80-9- 9- 2 geld. (80% Swart. 9% Wit. 9% Bruin. 2% Indier.) Hoe gaan programme soos Jou Eie Keuse, Brekvis met Derrick op RSG geafekteur word? Nog n weldeurdagte aksie om die Afrikaner kultuur te breek. Die ouens wat so juig gaan nog spyt wees. En dan word claudi Motsoneng nou geprys omdat hy kwansuis sy styl verander het! Regtig?

Francois le Cochon ·

Sover dit RSG gaan , en Afrikaanse musiek, – daar is baie goeie Afrikanse musiek wat min op radio stasies uitgesaai word omrede dit nie “mainstream” is nie. Miskien sal ons nou meer hiervan hoor, en sal luisteraars dalk tot die besef kom daar is ander beter Afrikaanse musiek, wat nie woorde soos baby, bokkie, sokkie ens. bevat nie, en wat se tempo nie 128 bpm (beats per minute) is nie.

Theuns ·

Amper vergeet, het vanoggend geluister na RSG enmoet bieg! Dit val glad nie goed op my oor nie. Een Afrikaanse liedtjie geluister van Amanda Strydom, glad nie ‘n “favourrit” van my nie! En kon hoor hoe skreeu sy ” Amandla”

Xa ·

Nee boeremusiek is nie op die lys nie, so ook nie enige Afrikaanse tipe musiek nie behalwe enkeles wat rap sing. Die tipe musiek op die lys is hoogs diskriminerend en fokus net op wat swartmense luister en musiek is n groot ding in kultuur en rassediskriminasie, so die lys van die diktatorskap is heeltemal ongrondwetlik in my leke opinie. Maar ja dit is n baie goeie geleenthede om oor te skakel na die baie goeie werk wat gemeenskapsstasies doen. Moet netnie dink jakaranda is n kultuur vriendelike stasie nie, hulle spot met Afrikaners, druk klein gemeenskapsradiostasies uit, probeer Anglo amerikaanse waardes hier afdwing en probeer Christenskap vernietig. Ja ek verwys na Riaan maar ander ook, en dis nie net die skuldige omroepers nie maar ook die stasie self wat hulle daardie geleentheid gee. Ondersteun eerder die klein plaaslike of streeksstasies, en skerp op met tegnologie en download.

Lulu ·

Diktatorskap! Een van die dae gaan ons net suid afrikaanse vervaardigde flieks kyk! Ooooeee EINA pyn!!!!

Xa ·

Ja dit is suiwer diktatorskap. Een van die dae gaan die privaatstasies “gereguleer” word en al wat ons gaan sien is hoe wonderlik Zuma of wieookal sy opvolger is.

annaM ·

Die sad realititeit is dat meeste mense nou eerder cds gaan luister, en dit die radiostasies gaan beinvloed omdat die adverteerders wat alreeds so baie betaal vir advertensies nie waarde vir hul geld gaan kry nie. Wat weer ‘n direkte invloed op hul besighede gaan he. En so word nog besighede gekelder en nog meer mense werkloos gelaat. Baie geluk SAUK!

Theuns ·

Xa, jy is reg! In jou kommentaar sien jy ook die formule wat hulle gaan gebruik! (80,9,9,2).
Die mense onder leiding van Hlaudi Motsoneng maak soos hy wil. Onthou hoe vining verander hy sy deuntjie! Ons het ‘n Afrikaanse TV Nuus uitsending gehad. SABC2. Toe verwyder Hlaudie dit eensydig. Nou sien hy die kykergetalle het geval? Nou wil hy Afrikaanse Nuus terug bring? Ons moet geheel en al van SABC en sy Radio Stasies vergeet. Kom ons bly maar by Radio Pretoria, lees koerant en kyk CNN/BBC/SKY NEWS.

Joann ·

Theuns jong jy is hoog. My ou BCurr graadjie kom nie by,maar ek stem volkome saam. Bye bye my ou radiotjie,jy gaan nou lekker rus.

Theuns ·

Joan jy is ok! Dankie en lekker dag. Die stillte is ook beter.

Carina ·

Kyk, ek staan op vir Afrikaans sover ek kan, maar genade nee, die Afrikaanse musiek bedryf is vrot van elke jan rap en sy maat wat dink hy kan sing. En dan moet jy oor en oor na verbeeldinglose lirieke luister. G’n wonder hulle kla hulle kry swaar nie. Ek sal nie R150+ uithaal vir ‘n CD nie, en dan is daar dalk 2 goeie liedjies op en die res ‘n klomp snert. Die handjievol sangers wat wel “sense” maak, se goed word amper nooit gespeel nie. Gee my dan liewer die goeie ou “golden oldies” soos Gé Korsten, Gert Potgieter, selfs Lance James. En soos Theuns hier genoem het, sal die % van elke tipe musiek wat gespeel word seker demografies opgedeel word so ons sal eintlik nog minder ordentlike Afrikaanse musiek hoor. Nee dankie, ek bly maar by my eie stasies.

Theuns ·

Dankie Carina, Ons luister na die selfde musiek. Luister Sondae na Pretoria Fm.” It wil blow your mind” Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.