Musiekonnie in hof ná hy glo met seuns lol

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige musiekonderwyser by ʼn vooraanstaande privaat skool in Constantia in Kaapstad sal Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van seksuele aanranding.

Die 32-jarige man het sedert 2010 privaat musieklesse vir seuns én meisies by die privaat skool Reddam House gegee. Hy is in Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering nege- en tienjarige seuns by die skool gemolesteer het.

Die onderwyser is vroeër op borgtog van R2 000 vrygelaat en mag geen kontak met personeel van Reddam House of die klaers hê nie. Hy sal Dinsdag weer in die beskuldigdebank in die Wynberg-landdroshof wees.

Volgens wet mag die onderwyser se naam nie genoem word totdat hy gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

In die geval van kindermolesteerders en verkragters moet die wet verander word! Dis nonsens dat hulle “beskerm” word deur die wet totdat hulle pleit – mens wil weet wie hulle is. Wie het die arme slagoffers teen hulle beskerm? So hulle verdien geen beskerming nie. Ek hoop hy en alle ander soos hy kry wat hulle toekom. In die ergste vorm!

anet ·

Ai wat gaan aan in hierdie land van ons?. Onskuldige seuns word verlei. Hulle lewe gaan nooit weer dieselfde wees na hierdie seksuele aanrandings nie, en dit deur ‘n volwasse man???
Ek hoop dat jy baie lank opgesluit sal word eerlikwaar, en dat die harde manne in die gevangenis met jou sal afreken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.