Musiekpromotor in hof ná vulstasiemoord

Die toneel waar Joseph doodgeskiet is. Foto: Twitter

Die toneel waar Joseph doodgeskiet is. Foto: Twitter

David Forbes, die stigter van Boksburg se H20-partytjies en ʼn musiekkonsultant, het Woensdag in die Kaapstadse streekhof verskyn op aanklag van die moord op Toufiq Joseph.

Forbes (48) word daarvan beskuldig dat hy Joseph (23) op 24 Januarie by die Engen-vulstasie in Oranjestraat in die Kaapstadse middestad doodgeskiet het. Landdros Joe Magele het Woensdag tydens Forbes se hofverskyning gesê Forbes sal op 4 September ingelig word wanneer sy verhoor sal begin.

Peter Mihalik, Forbes se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy kliënt sal aanvoer dat hy uit selfverdediging opgetree het nadat die oorledene hom glo met ʼn mes gedreig het. Forbes sal onskuldig pleit op die aanklag van moord.

Forbes is aanvanklik borgtog geweier maar is later op borgtog van R20 000 vrygelaat nadat hy ʼn appèlaansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.