Musiekster swaar gestraf vir verkragting

Brickz: Foto: SAPA

Die kwaito-musikant Sipho “Brickz” Ndlovu wat skuldig bevind is aan die verkragting van sy susterskind, is Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Landdros John Baloyi het gesê hy reken dit is ʼn gepaste vonnis.

Brickz se borgtog van R50 000 is teruggetrek nadat hy op 7 Julie vanjaar skuldig bevind is aan die verkragting van sy ontslape suster se 16-jarige dogter by sy huis in Ruimsig in 2013.

Die slagoffer wat ingevolge die wet nie geïdentifiseer mag word nie het in September gesê hy het haar “regtig seergemaak”.

Staatsaanklaer Pratisha Salie het die meisie se impakverslag voorgelees: “Malume [oom], jy het my regtig seergemaak. Ek vra myself wat ek gedoen het vir jou om my te verkrag. Ek wou gehad het jy moet my behandel soos jou dogter, maar jy het nie. Ek sal nooit kan trots wees op myself nie en ek kan niemand vertrou nie. Ek gaan vir die res van my lewe terugflitse hê.”

Die staat het in dié stadium gevra vir ʼn minimumvonnis van tien jaar. Piet du Plessis, Brickz se regsverteenwoordiger, het die hof gemaan om rasioneel te wees en nie ʼn vonnis op te lê net om die publiek tevrede te stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mornay ·

Ja PIET du Plessis

en as dit jou dogter of iemand na aan jou was sou jy nog so iets gevrae het

Dankie tog vir die landros

Leu ·

Hy doen net sy werk tot die beste van sy vermoee. Hy’s nie die een on trial nie. Wanneer gaan mense dit besef.

Tanya Kruger ·

Wens mense wil besef dat mense soos Piet net hulle werk doen. Hy is ‘n prokureur en moet nes jy Mornay, vir sy gesin sorg.

Chris Ws ·

Die vonnis is 10 jaar te min.Ek wonder hoekom?Ons land se regstellende aksie – regters is nie konsekwent nie.Was dit ‘n blanke sou hy beslis minstens 25 jaar gekry het.Hoekom betoog die vroue groep teen seksuele misdaad teen vrou nie oor hierdie swak vonnis nie?

Piet ·

Nee, ek stem saam dat regstellende aksie in die regsank n probleem is, maar om nou in hierdie konteks daaroor te kla maak nie sin nie. Die oortreder is mos swart en die regter het die swaarste staf opgele wat hy kon (binne die raamwerk van die wet). Se eerder “welgedaan” want in hierdie geval het die regter mos sy werk gedoen.

pierre ·

Piet 15 jaar is die munimum vir verkragting as daar geen versagtende omstandighede is nie. Die regter het in sy uitspraak ook genoem dat daar geen versagting is nie. Hy kon hom dus vir 25 jaar gebere het.

JG ·

Die afwesigheid van die ANC Vroueliga spreek boekdele…ek wonder hoekom ?

Johann ·

JG die ANC liggas is te besig met kospakkies pak en T shirts pas om Tannie Zuma by Oom Zuma te laat oor VAT…ALL PUNNS INTENDED.

wanda hendriks ·

Justice has bn served, i hope this will serve as an example 4 others in the public eye/limelight. U are not above the law! The audacity….part of his plea, to not punish him 2 harshly as young men look up 2 him, fine example fm the onset!!!! Karma was wearing stiletto’s when she kicked his butt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.