Musiekster wat verkrag, hoor oor borgtog

Brickz: Foto: SAPA

Sipho Charles Ndlovu, die kwaito-musikant beter bekend as Brickz, se aansoek om borgtog is Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof van die hand gewys hangende sy vonnisoplegging.

Brickz is vroeër skuldig bevind aan verkragting. Hy was uit op borgtog van R50 000, maar dit is teruggetrek nadat hy skuldig bevind is.

Landdros John Baloyi het gesê hy is seker Brickz se appèlaansoek teen sy skuldigbevinding sal misluk en dat hy moontlik dan sou poog om te vlug.

Baloyi het gesê die groot vraag is of Ndlovu weer borgtog moet kry aangesien die hof reeds gereed is om hom te vonnis, maar hy nou van regsverteenwoordiger verander het.

Brickz is in November 2013 in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 16-jarige meisie. Ndlovu, die sanger van die treffer “Sweety my baby”, is skuldig bevind aan die verkragting in Maart 2013 by sy huis in Ruimsig.

Hy het aan die hof gesê hy het sy paspoort in 2014 verloor en dat hy nie weer aansoek gedoen het vir ʼn nuwe paspoort nie. Hy het ook gesê hy het nie familie of bates buite Suid-Afrika nie.

Ndlovu voer aan hy kon steeds daarin slaag om ʼn salaris van tussen R40 000 of R50 000 per maand te verdien tydens die verhoor. Hy het ook bygevoeg dat hy die meeste van sy bates moes verkoop om sy regskoste vir die verhoor te betaal.

Ndlovu het ook aan die hof gesê hy verdien om borgtog te kry omdat hy gehoor gegee het aan die vorige borgtogvoorwaardes.

“Niemand se veiligheid sal in gedrang wees as ek uit is op borgtog nie,” het Brickz laat hoor. “Met alle respek – ek sal my vonnis uitdien. Ek weet van maniere om my lewe te verbeter in die tronk. Ek het deur middel van hierdie valse aantyging tot die besef gekom dat die waarheid aan die lig sal kom omdat die slagoffer ʼn familielid van my is,” het Ndlovu gesê.

“Ek is ʼn superster, plaaslik én internasionaal. Ek kies om nie skuldig te voel nie, want ek weet ek is nie,” het Ndlovu gesê toe hy gevra is of hy na die buiteland sou vlug.

Salie Pratisha, staatsaanklaer, het aangevoer dat normale voorwaardes vir borgtog nie vir Ndlovu geld nie omdat hy al genoem het dat hy ʼn kwaito-ster is en maklik uit die land kan vlug. Volgens Pratisha het die slagoffer Ndlovu as ʼn gewelddadige persoon beskryf.

Die saak is tot 14 September uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

vrikie ·

Superster? nog nooit van hom gehoor maar ek is ook nie ‘n kwaito fan, klomp gebrabbel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.