ʼn Suid-Afrikaanse musikant is Maandag in die vroeë oggendure glo deur sy meisie in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.
“Ons kan in dié stadium bevestig dat ʼn bekende musikant in Alexandra doodgesteek is,” het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.
“Sy meisie is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn.”
Mogale kon nie die identiteit van die musikant bevestig nie.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het egter op sy Twitter-profiel die musikant geïdentifiseer as Nkululeko Habedi (38), beter bekend as Flabba.
“#sapsGP Nkululeko Habedi, Flabba, is doodgesteek; ʼn vrou in hegtenis geneem,” lui die twiet.