Musikant-skietery: Saak teruggetrek

Khuli Chana

Khuli Chana

Die hip-hop-musikant, Khuli Chana, het die saak teen twee polisiekonstabels wat daarvan verdink is dat hulle op hom geskiet het, in die Randburg-landdroshof in Johannesburg teruggetrek.

“Die NDOV het ʼn brief van die verdediging ontvang en na gesprekke besluit dat die saak teruggetrek gaan word,” het Peter Rassie Erasmus, ʼn woordvoerder van die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), gesê. “Die staat sal ʼn alternatiewe dispuut teen die twee beskuldigdes oorweeg.”

Mduduzi Mfundisi Nzuza en Sam Baloyi het tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord, roekelose bedreiging, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om gevaar te vermy, en die nalatige gebruik van ʼn vuurwapen. Albei konstabels was uit op borgtog.

Die polisie het op 28 Oktober op die musikant se voertuig geskiet nadat hy glo nie by ʼn padblokkade naby ʼn vulstasie op die N1-snelweg naby Midrand stilgehou het nie. Chana is in sy hand en rug getref. Die polisie was glo op soek na ʼn groep mans wat ʼn sakeman van Bedfordview ontvoer het. Losprysgeld vir die sakeman moes by die vulstasie afgehaal word.

Lees ook:
Musikant soek vergoeding ná polisie hom skiet
Chana-ondersoek duur voort
Ontvoeringsdrama: Musikant ook aangekla
Polisieman vas oor ontvoering
Musikant wou glo polisiemanne omry
Musikant-skietery: Beamptes vas; “ontvoerde” sakeman opgespoor
Polisie skiet op musikant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Nou hoekom wou hy nie stop nie? Omdat hy kan doen wat hy wil? Natuurlik sal dit verdag lyk. Nou wil hy hier kom hum en ham.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.