Musikant vas vir dronkbestuur in Pretoria

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Musikant van ʼn gewilde musiekgroep is Dinsdagaand in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

“Metropolisiebeamptes het gesien die man bestuur in die verkeerde bane in die rigting van aankomende verkeer in Kgosi Mampurustraat (Potgieterstraat),” het supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, Woensdag gesê.

“Hy was sigbaar dronk en kon nie behoorlik loop nadat hy van die pad af getrek is nie. ʼn Blaastoets het ook aangedui dat hy dronk was.”

Die man, wat in ʼn Mercedes Benz met vier passasiers gery het, het aan beamptes gesê dat hy pas teruggekeer het van ʼn vertoning in Venda, Limpopo.

Na wat verneem word, is die man se musiekgroep deel van die platemaatskappy Kalawa Jazzmee.

Hy moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn, waarna sy naam eers bekend gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Mampoer binne die persoon in Mampurustraat. Ek verstaan nou die naamsverandering. Die ‘gieter’ in ‘Potgieter’ was darem té na aan werk.

Riaan Slabbert ·

Dis logies Retha.
teruggekeer het van ʼn vertoning in Venda, Limpopo.
deel van die platemaatskappy Kalawa Jazzmee

scalla ·

hy is gevang vir lekker dryf in mamparra straat, klink reg

Theresa ·

Mense wil nou maar net nie leer nie. En as daar ‘n ongeluk is, is dit onskuldiges wat altyd die slegste daarvan afkom. Een maal ‘n idioot – altyd ‘n idioot (al is jy jou nugter) !!

CHRISTA ·

Gelukkig het hulle hom gearresteer – nie dat dit sal help nie. Vyf jaar gelede het ‘n minibustaxi-bestuurder my motor wat maar ‘n paar maande oud was afgeskryf – HY WAS DRONK!! Die polisie het hom op die plek gearresteer. Ek het by die polisiestasie ‘n verklaring gaan afle. Toe my versekeringsmaatskappy die polisiestasie kontak vir ‘n afskrif van die verklarings, kon hulle GEEN besonderhede van die dronk bestuurder by die polisie kry nie. DIT HET NIE OP HULLE REKORDS BESTAAN NIE!!!

Elize ·

Retha wou dit so stel, maar baie van my kommentare word nie geplaas nie, nou stel ek dit maar net anders.

Riaan Slabbert ·

Daar is n verskil tussen “dronkbestuur” en “onder die invloed bestuur” Na my mening was hy hy DRONK!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.