‘Muthambi moet SAUK se appèlaansoek verduidelik’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie eis antwoorde oor die SAUK se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn Wes-Kaapse hooggeregshof-uitspraak wat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as groepshoof van korporatiewe sake by die openbare uitsaaier as onwettig verklaar het.

Die komitee het in ʼn verklaring gesê Faith Muthambi, minister van kommunikasie, moet antwoord hoekom die openbare uitsaaier besluit het om teen die uitspraak te appelleer.

Volgens die komitee het hulle gehoop dat die duur en uitgerekte regsgeding nou uiteindelik afgesluit is en glo die komiteelede dat die kwessie nou agtergelaat moet word. “Humphrey Maxegwana, die komiteevoorsitter, het gesê die komitee sal versoek dat [Muthambi] hulle kom toespreek oor die redes agter die appèlaansoek,” lui die verklaring.

Die SAUK het tans nie ʼn raad nie nadat verskeie raadslede verlede jaar bedank het. Die voormalige raadsvoorsitter, Mbulaheni Maguvhe, het aanvanklik geweier om te bedank en het LP’s boelies genoem, maar het uiteindelik die aftog geblaas en ook bedank.

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Die kommunikasiekomitee, wat opdrag gegee is om ʼn tydelike raad van vyf lede aan te stel, is nie gelukkig met die SAUK se jongste poging om Motsoeneng terug by die SAUK te kry nie. Die hof het verlede jaar bevind dat Motsoeneng onbevoeg is om enige posisie by die openbare uitsaaier te beklee totdat ʼn verdoemende verslag deur die openbare uitsaaier ter syde gestel is of ʼn nuwe dissiplinêre verhoor hom van enige oortreding vrygespreek het.

LP’s wil hê die hofuitspraak moet nou toegepas word.

“Maxegwana het beklemtoon in die afwesigheid van ʼn nie-uitvoerende raad by die SAUK sal dit vir die komitee interessant wees om by die minister, as aandeelhouerverteenwoordiger, te hoor hoekom die SAUK dit moeilik vind om die hofuitspraak toe te pas.”

Muthambi en die SAUK moet albei reageer op die verdoemende verslag van ʼn parlementêre ad hoc-komitee wat die sake van die SAUK ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

HEVW ·

Hierdie Motsoeneng moes n baie bruikbare kader in diens van die anc gewees het, of is nog steeds. Daarom gaan dit so taai om hom die pad te laat vat, Ek dink adv Gerrie wag ernstig vir hom.

Johann ·

Suid Afrika en die ANC verdien hierdie twee, en nog sommer baie meer. Nou waarom moet ek gesensor word as dit hulle is wat vir die persepsies verantwoordelik is dat ‘hulle’ onkapabel is. Die ANC vrouelika braak juis gal teen FW, Chrsto Wiese wat beduie dat dit nie die ryk mense is wat vir die swartes se armoede verantwoordelik is nie, dit is dan juis die super rykes wat werk skep en wie se produkte en diense in aanvraag is, juis ook deur die swart mense. Lees maar sy toespraak van so ‘n dag of twee gelede.

Katryn ·

‘N baie taairatel hierie een! Of hy moet sy oë en ore laat toets! Of dalk net sy IK!

andrea van vuren ·

Sy oë, want hy is letterlik en figuurlik siende blind!

Katryn ·

‘N baie taairatel hierie een! Of hy moet sy oë en ore laat toets! Of dalk net sy IK!

Jan ·

Maroela, is ek nou weer te reguit op die waarheid af met die feite en te krities met my kommentaar dat julle dit nie plaas nie.

Dan vra ek ook sommer, waarom het julle nie die baie belangrike toespraak van Christo Wiese geplaas nie, dit wat hy op die FW de klerk stigting so ‘n dag of twee gelewer het? Dit wat juis oor werkskepping gaan? Dan verguis die ANC vroueliga hom daaroor.

PJ ·

Hierdie rooi oog mannetjie gaan nog in die parlement opland kyk mooi

PJ ·

Hierdie rooi oog mannetjie gaan nog in die parlement opland kyk mooi

Ouma ·

Toe die SAUK nog ( voor die nuwe bedeling) SAUK gewees het was daar nie so baie strooi nie!! Maar nouja: alles het verander en sal seker nog slegter word. Maar onthou en hou dit ib gedagte!!: Voor in die wapad brand ‘n lig! God se lig!

Jan maak n plan ·

Ek stem saam PJ. Dalk minister van kominikasie of so iets.

Johan ·

Die man is soos n bad rash net as jy dink dis weg dan kom dit weer terug….hy moet iets op ou tannie faith hê…..

lulu ·

Hier is almal se antwoorde op’hoekom word ons uitmoor van witmense se moorde nie op TV nuus uitgesaai nie hulle wat die witmense haat gaan mos nie laat die wereld hoor wat werklik in ons land aangaan nie ‘ nuus word gesif deur anc en net wat in hul guns tel sal die TV nuus haal

Anton ·

…Hi Lulu…dit is waar wat jy se…maar dit geld net vir SA se uitsaaiers…ons as burgers van die land moet elke moontlikke internet-platform gebruik om dit aan die wereld te verkondig…dit kos net dat iemand wat weet, inligting en fotos het van sulke gevalle…dan sit hul dit op Facebook of ander internet “websites” en ons versprei dit…baie van ons het familie en vriende oral oor die wereld…dan sal die vergrype en moorde meer aandag kry…glo ek.

Johann Marx ·

Hhahahah….jy kan net “toets” wat bestaan….dus eintlik net oë en ore. Wat die meeste mense nie weet nie, is dat HY ook oppad is hooggeregshof toe….en dat dieselfde SABC sy regskoste betaal….

Johanna Botha ·

Onkruit vergaan nie …hierdie ou is net nog n voorbeeld van iemand wat gelieg het oor sy kwalifikasies en uiters onbekwaam is en nie weet dat hy nie weet nie ….JUST GO ! !

John ·

Die IK-toetse; iemand wat kundig is moet darem vir die mense verduidelik hoe dit werk. Dis beslis nie ‘n soort ‘smart-app’-termometer nie wat se hoe laer die lesing hoe ‘cooler’ die ‘customer’ nie…

PMB ·

Kan jy die glo die “comeback kid” kannie dood! Hy het meer lewens as n kat! Ek staan verstom oor sy deursettings vermoe of hy moet baie goed weet oor sy maatjies wat hom so ondersteun? Hy en Julius M is soos Freddie Kruger riller flieks en een slegte fliek na die ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.