Muthambi ontken sy gee poste vir familie

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi, minister van staatsdiens en administrasie, het aantygings in die media dat sy familielede aangestel het as onsin afgemaak.

“Nie een van die ondersteunende personeel wat in die artikel in die Sunday Times genoem word, is vriende of familie van die minister nie,” het haar kantoor in ʼn verklaring gesê.

Volgens die berig het Muthambi 27 mense in haar kantoor aangestel hoewel die ministeriële handboek voorskryf dat ʼn minister net 10 persone mag aanstel.

Volgens die berig het sy ooms, nefies en niggies aangestel as ondersteuningspersoneel, motorbestuurders en adjunkdirekteure.

Muthambi het gesê die gerugte is misleidend en dat sy aanstellings mág maak sonder om die poste te adverteer. Sy het ook wetgewing aangehaal om haar stellings te staaf.

Volgens die Sunday Times is een van die aanstellings glo die dogter van die omstrede Hlaudi Motsoeneng.

Verlede maand het dié koerant berig die minister het derduisende rande bestee aan lugreiskoste na Kaapstad vir vriende en familie om na haar begrotingstoespraak in Mei te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

A. Mac ·

Hoekom erken die minister nie maar net dat sy ook korrup was en die mense aangestel het nie? As al die familiestrepies verbind is en dit uitkom dat dit wel waar is gaan sy buitendien soos ‘n skelm liegbek lyk. Ek weet nie van ander Maroela lesers nie maar elke keer as ‘n ANC-meeloper iets sê moet ek eers kyk of die son skyn, want glo, glo ek die mense gladnie.

snoefie ·

nes sy niks verkeerd gedoen het toe sy ou hlaudi bedryfshoof by sabc gemaak het nie. way to go.

jaco ·

Toe PW Botha president was, het sy jongste seun militere diensplig gaan doen. Nogal in die vloot, waar nie eintlik dienspligtiges opgelei is nie. Hy het ook vinnig rang gekry en ook plek in n eksklusiewe wageenheid v.d. vloot. Sy motorongeluk terwyl hy besig was met diensplig, is vinnig toegesmeer. FW de Klerk se toetrede tot die politiek het ook maar baie te doen gehad met sy pa se posisie as minister en senator. En onthou ook maar die broederbonders se lekker jobs in die staatsdiens en die 3 Afrikaanse susterkerke. Die ANC se grootskaalse nepotisme is maar net voorafgegaan deur iets soortgelyks in die ou SA.

Eish ·

Dit het ongelukkig meer waarheid in as fiksie. Dit is een ding wat ek baie dankbaar oor is bestaan nie meer nie, die onheilige voortrekkery van die broers. Politiek bly maar n mistige moeras van bloedsuiers. Absolute mag korrupteer absoluut.

Tinktinkie ·

So waar Jaco. Die vorige regimé het oor d vermoë/behendigheid beskik om nie “uitgevang” te word nie!! Hulle was ook korrup in meer as net finansiële terme!!

John ·

Zuma laat die vroue in die kabinet doen wat hulle wil. Seker om hul ondersteuning vir ma-Zuma te verseker… alles deel van groter ‘n plan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.