Muthambi verwerp verslag oor inmenging by SAUK

Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie (Foto: ANA)

Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, het Dinsdag ʼn verslag, waarin bevind word dat sy ingemeng het met redaksionele besluite by die SAUK, verwerp.

Sy het in ʼn verklaring gesê sy is nie die geleentheid gebied om op die verslag te reageer nie. Volgens die verslag het uitvoerende lede by die SAUK tussen 2012 en 2017 gereageer op opdragte van persone wat geen outoriteit in die nuuskamer gehad het nie. Die verslag het spesifiek na Muthambi en die voormalige raadsvoorsitter, Ellen Tshabalala, verwys.

“Dit is nie goed genoeg dat die outeurs die vinger wys na ʼn kabinetminister en SAUK-raadslede en verwysings maak na opdragte wat ‘afgedwing is’ sonder enige bewyse nie,” het Muthambi bygevoeg. “Dit sou regverdig en eerlik gewees het vir die outeurs om my te kontak en my kant van die saak te hoor, eerder as om my naam só deur die modder te sleep.”

Volgens Muthambi is sy onregverdig uitgesonder, sonder enige bewyse om die inmenging te staaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann cb ·

Ons sal moet begin kyk na individuele intellek! Moontlik ook na selektiewe geheue!

Stebastiaan ·

Ook net wanneer dit hul pas. Zuma is die beste onnie kyk hoe het hy sy kabinet geleër!!!!

Pieter ·

Dit is hoekom die land sy alie gesien het hulle bestuur mos die land soos wat hulle kar bestuur en dit is baie gevaarlik

Jr ·

Pravin het ook nie kans gekry om op die public pretenders se verslag te reageer so wat is anders vir haar. Weer ń saak van maak soos ek sê en nie soos ek maak nie. Dubbele standaarde

Johan ·

Natuurlik sal sy die verslag verwerp…..sy is mos onskuldig…..ons gaan nooit ontslae raak van die kanker in die regering nie……Ramaphosa is ook gekaap of the lam in die broek……

Christa ·

Wat Weet hulle van bestuur af. Hulle Kan nie eers hul eie huis bestuur nie. Hulle Sal met alles en oral inmeng want dit laat hulle belangrik voel.

Gert van Wierdapark ·

Have Faith my auntie, die waarheid sal uitkom, al maak dit seer!!! He-he-he.

Gert van Wierdapark ·

Nog een van die boggers wat mos glo dat hul nooit ‘n voet verkeerd gesit het nie!!!

aj ·

Propaganda!

Leuns!

Disinformasie!

Breinspoeling!

Bg. is wat die ANC as KOMMUNIKASIE beskou! Verwronge realiteit!

Willem Grobler ·

Ek sou graag wou weet of hierdie vrou oor enige ander kwalifikasie behalwe ‘n ANC lidmaatskapkaart beskik. Wat presies kwalifiseer ‘n persoon soos dié om die tipe gesag uit te oefen van minister van kommunikasie??

Neels ·

Aag shame wat kan mens anders verwag van kleintyd af geleer as jy uitgevang word ontken net alles. Jy weet nie , jy was nie daar nie, jy het niks gesien nie , dit was nie jy nie , ens. Moet nie enige hoop he dat daar iets van sal kom nie, sal n stille dood sterf .

DogVegas ·

Ag Faith, ons is so jammer jou naam is deur die modder gesleep…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.