Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake, Faith Muthambi, het ʼn komiteelid kwaai voor stok gekry nadat ʼn kaal vrou in die agtergrond van sy skerm verskyn het.
Die vergadering met die nasionale huis van tradisionele leiers (NHTL), oor inisiasie, en veral sterftes by inisiasieskole, het aanlyn plaasgevind.
Die beeldmateriaal van die voorval het soos ʼn veldbrand versprei en Muthambi het die komitee daarvan gedistansieer.
Die vrou het agter Xolile Ndevu, ʼn tradisionele leier, verskyn terwyl hy besig was met ʼn aanbieding.
Muthambi onderbreek hom dan en sê daar is ʼn vrou agter hom wat nie “behoorlik geklee” is nie. “Ons sien alles. Jô! Asseblief. Het jy vir hulle gesê jy is in ʼn vergadering. Dit wat ons sien is baie ontstellend.”
Muthambi sê dan ook dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie.
Sy het later in ʼn verklaring oor die voorval gesê sy gaan met die NHTL in gesprek tree oor die voorval.
“Die naakte vrou was nie deel van die vergadering nie. Sy was in dieselfde vertrek as die deelnemer wat in die vergadering was. Ons betreur en veroordeel die voorval ten sterkste,” het Muthambi gesê.
Muthambi het deelnemers aan aanlyn vergaderings al vantevore gewaarsku dat hul rekenaarskerms aanvaarbare agtergronde moet vertoon.
“Dit is betreurenswaardig dat die soort beeldmateriaal, wat ʼn verleentheid vir die komitee is, vir die tweede keer in ʼn vergadering tussen die komitee en die NHTL, verskyn.
Die voorsitter van die NHTL, Ikosi Mahlangu, het die komitee en Suid-Afrikaners intussen onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die “betreurenswaardige voorval”.
Mahlangu sê dit het gebeur weens die onbedoelde inbreukmaking op die private ruimte van ʼn gesin.
Hy sê weens Covid-19 moes mense aanpas en aanlynplatforms het tradisionele raadsale vervang omdat mense nou van enige plek kan werk.
“Hoewel aanlyn vergaderings baie voordele het, is daar ook uitdagings. Aanlyn platforms het die geneigdheid om private ruimtes oor te neem omdat dit toelaat dat vergaderings soms langer as normale kantoorure duur en inbreuk maak op sommige gesinsbedrywighede, veral in die aand,” sê Mahlangu.
“Baie mense vind dit moeilik om hul persoonlike en beroepslewe te versoen in ʼn plek wat voorheen ʼn private ruimte was waar gehaltetyd saam met die gesin deurgebring is.”
Mahlangu sê die betrokkenes moet beskerm word teen enige vooroordeel wat vererger word deur die voortgesette deel van die beeldmateriaal. Hy sê die verspreiding daarvan maak verder inbreuk op die gesin se regte en skend hulle waardigheid.
“Hoewel die vrou in die video nie bewus was dat die kamera aan was en dat sy sigbaar op die aanlyn platforms was nie, het die situasie ʼn ongelukkige prentjie geskets van wat kan gebeur as werk die persoonlike gesinsruimte binnekom.”
Mahlangu sê in sommige gevalle is daar nie afsonderlike plekke vir werk nie en amptenare werk in dieselfde ruimte wat die res van die gesin gebruik.
Now this is funny.
Saw the footage on the News last night….live it was hilariously funny!!!!!!
Let it all hang lose hehehe
Inderdaad was dit dan deel van sy “gesinsbedrywighede”…. ha ha ha
Ek het al gesien waar ouers wou sterf van verleentheid omrede kinders hul vergaderings kom crash het, maar genade, die een vat die koek!
… vat die koek, jaaa… ????
Ha ha ha ha ha ha!
Dit is die tipe mense wat hulself leiers noem
Leiers ????? So dink hulle ja.
Ag asseblief. Virtuele vergaderings is al n jaar lank deel van ons lewens. Hier word nou verskoning aangebied sonder dat daar inhoud daaraan is. Ons het al almal n privaat hoekie geskep waar ons die meetings kan doen.
Teen die tyd behoort mense wat zoom vergaderings doen te weet dat jy nie kaal mense laat rondloop tydens vergaderings nie. LOL
Jo! Jo! Een van die dae sal hulle haar eie ‘Reality’ program aanbied. Naked@lalaland. Haha. Only in Souf Efrika. Laat ons eie Margaret in die stof.
Dit kon erger gewees het.
Vraag is net hoe kaal was sy, in Evasgewaad of slegs halfpad, indien halfpad kan dit mos gesien word as tradisionele drag.
Hulle het dit gisteraand op die nuus gewys en vir my het sy nogal heel kaal gelyk.
Ons almal kry seker soms warm en voel genope om ‘n koeler uitrusting te beproef?
Ai, so terrible en onvanpas as wat dit was is dit net so goor dat mense voel hul moet die tipe videos bly aanstuur vir die wêreld. Asof Die verleendheid nie straf genoeg was nie.
Ons land en sy regering is soos ñ Leon Schuster movie……..
Dit is die naakte waarheid van hoe die ANC die land regeer!
Op die foto lyk dit of sy natgesweet is, is dit van hitte of van die skok van die kaal vrou?
die nuwe SA in al sy glorie.
Die naakte waarheid voorgehou.