Muti-moord: Tiener is R2 miljoen vir prostituut se kop aangebied

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

Desiree Murugan Foto: risingsunchatsworth.co.za

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel

ʼn 18-jarige tiener wat glo R2 miljoen aangebied is vir die kop van ʼn wit, Indiër- of bruin vrou, het Donderdag in die Durbanse streekshof skuldig gepleit dat hy ʼn prostituut onthoof het.

Falakhe Khumalo se verklaring is in die hof voorgelees, waarna hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir sy rol in die moord op Desiree Murugan (37).  Murugan se onthoofde liggaam is op 18 Augustus in ʼn stadion in Durban opgespoor. Haar kop is vyf dae later in Imfume aan die Suidkus opgespoor.

Khumalo het in sy verklaring gesê sy broer het hom in Junie verlede jaar na Sivonkaliso Mbili, ʼn sangoma, geneem om behandeling vir ʼn seksueel oordraagbare siekte te ontvang. Hy beweer dat Mbili tydens die konsultasie aangebied het om hom R2 miljoen te betaal vir die kop van ʼn wit, Indiër- of bruin vrou.

Khumalo het weer in Desember, nadat hy gesond geword het, Mbili besoek om moetie te kry om te voorkom dat die polisie hom en sy medepligtiges kan opspoor.

Khumalo en sy drie medebeskuldigdes het Murugan op die aand van 17 Augustus na die Shallcross-stadion in Chatsworth gelok waar hy R100 betaal het vir seks en orale seks.

“Een van die medebeskuldigdes het agter my met ʼn mes kom staan terwyl ons seks gehad het,” lui Khumalo se verklaring. “Sy het hom gesien. Ek het my hand oor haar mond gedruk sodat sy nie ʼn geluid kon maak nie.”

Khumalo het gesê die medepligtige, wie se naam nie genoem mag word nie aangesien hy nog minderjarig is, het haar verskeie kere met die mes gesteek. Murugan se onthoofde liggaam het altesaam 195 steekwonde gehad.

Volgens Khumalo het hulle die liggaam na ʼn ander gedeelte van die sportveld geneem, waarna die minderjarige ʼn bosveldmes uitgehaal en begin het om haar kop af te kap. Khumalo het by hom oorgeneem totdat hulle die kop van die liggaam verwyder het. Hulle het die kop na Mbili geneem.

By Mbili se spreekkamer het hy ʼn mes, graaf en twee blikke uitgehaal. “Hy het gesê ek moet die oorledene se wimpers afsny en ek het dit gedoen. Mbili het daarna die kop met sy bosveldmes oopgesny, die brein en tong uitgehaal en dit in die twee blikke geplaas.”

Mbili het sy assistent, Vusumuzi Gumede (30), beveel om die twee blikke agter sy huis te gaan begrawe.

Khumalo het gesê hy is in hegtenis geneem voordat hy sy geld kon gaan haal.

Die drie minderjarige medepligtiges verskyn Vrydag in dieselfde hof.

Mbili en Gumede het onskuldig gepleit en hul borgtogverhoor gaan na verwagting op 22 September aangehoor word.

Lees ook:
Vyf in hof oor onthoofde liggaam
Vermiste kop van moordslagoffer opgespoor
Onthoofde lyk in Durban-stadion gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

Ek weet wragtig waar kom hulle vandaan nie. Ek weet net die Here sou nie sulke goed geskape het nie. Goeie genade tog – die snert waaraan hulle glo !!

Leeutjie ·

Ek dink hier word groot leuens vertel. Die vrou lyk darem nie vir my soos ‘n prostituut nie. Nou word haar naam ook besmet om hulle siek dade te verdraai. Sy is dood en kan haarself nie beskerm nie!

Denise ·

Goeie genade, ek glo nie wat ek hier lees nie. Is verskriklik.

Dereck Le Roux ·

En om te dink daar is parlementslede wat gereeld sangomas besoek om moetie vir hulleself te kry en ook om hulle te help met hulle werk, dis. Iets wat algemeen bekend is onder die swartes se barbaarse gebruike wat hulle hul kultuur noem.

Bielie van die Bosveld ·

Dis wragtig afgryslik. Dan is daar mense wat reken hulle (hierdie muti-moordenaars) kan ook Christene wees. Nuusflits, as jy al hierdie barbaarse tradisies navolg, is jy nie ‘n Christen nie.
Dereck le Roux, ek stem saam met jou.

VerVanRyn ·

Stenig my s ek nou ‘n klip in die bos gooi, maar is hierdie nie ook ‘n saak van rassisme nie??? Waarom moes dit spesifiek ‘n nie-swart vrou se kop wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.