Muur val op kinders: Gesinne vra al lank vir behuising

‘n Foto van die toneel. Foto: ANA.

Nomzamo Zondo, direkteur van litigasie van die Socio-Economic Rights Institute (Seri), het gesê die gesinne wat in die verlate gebou gebly het waar drie kinders Maandag dood is toe ʼn muur op hulle omgeval het, vra reeds agt maande lank by die Stad Johannesburg vir noodbehuising, maar hul versoek het op dowe ore geval.

Seri verteenwoordig die gesinne van 39-41 Daviesstraat en is al vir ʼn geruime tyd bewus daarvan dat die gebou onveilig is.

Maroela Media het vroeër berig drie kinders van Doornfontein in die Johannesburgse middestad is Maandag dood toe die muur van ʼn verlate gebou op hulle ineengestort het.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, het vroeër gesê die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind. Volgens hom is dié verlate gebou onwettig bewoon. Dit is ʼn probleem waarmee die Johannesburgse metro al ʼn geruime tyd lank sukkel.

Mulaudzi sê nooddienste het tevergeefs probeer om die kinders weer by te bring, en hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Zondo het die stad se beamptes in Julie 2017 ʼn verslag aan Herman Mashaba, burgemeester, oorhandig waarin sterk aanbeveel word dat die inwoners van alternatiewe behuising voorsien word. Die stad het in Augustus 2017 ʼn oudit van die inwoners gedoen, maar sedertdien is geen stappe gedoen nie.

“Dié inwoners is slegs 300 van die geraamde 100 000 mense wat in verlate geboue in die stad bly waarvan vele in ʼn onveilige toestand is. Die stad het ʼn grondwetlike verantwoordelikheid om die inwoners van 39-41 Daviesstraat en ander soos hulle van bekostigbare, veilige alternatiewe verblyfplek te voorsien, maar slaag nie daarin nie.”

Zondo het bygevoeg dat Maandag se tragedie vermy kon gewees het as die stad meer hulpbronne aan basiese, veilige en ordentlike behuising vir baie arm mense toegeken het.

Intussen het Mashaba gesê die twee meisies, 5 en 3 jaar oud, en die 10-jarige seun het op die sypaadjie langs die gebou gespeel toe een van die mure op hulle inmekaarsak.

Dit is hoofsaaklik buitelanders wat plakkershutte binne die gebou opgerig het. “Sowat 30 gesinne is veilig uit die gebou verwyder en die departement van openbare veiligheid se rampbestuur staan die dakloses by,” het Mashaba gesê.

Brandbestryders sal die res van die gebou ook platslaan om te verseker dat dit nie verder inmekaarsak nie.

Mashaba het gesê daar is talle verlate geboue in Johannesburg waarvan dit moeilik is om die eienaars op te spoor. “Dit maak dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, vir die stad om te voldoen aan die toepaslike bywette wat op sy beurt bydra tot die afgradering van die stedelike omgewing.”

Mashaba het bevestig dat die stad van plan is om ʼn aansoek in te dien vir ʼn verklaringsbevel dat die geboue verlate en leegstaande is en dan die registrateur van aktes sal vra om die eiendom in die staat se naam te registreer.

Hy het 26 Februarie aan Nathi Nhleko, voormalige minister van openbare werke, geskryf om ʼn ooreenkoms met die departement van openbare werke te versoek waarin die departement die stad as hul nominasie sal benoem vir die oordrag van die verlate geboue in Johannesburg.

Mashaba sê hy het Maandag weer ʼn skrywe gerig aan Thulas Nxesi, die huidige minister.

Hy het sy diepste medelye met die gesinne en geliefdes van die afgestorwenes betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Paul ·

So ons het geweet die gebou is onveilig…en boonop onwettig daar gebly, maar nou moet ons hartseer wees? Nee wat.

Agneeman ·

Nee, hel Paul man. Dit is kinders wat dood is en beslis nie hulle skuld dat hulle daar moes bly nie. Swak en ongevoelige kommentaar!

Paul ·

Ek’s jammer vir die kinders, maar glad nie vir die ouers nie, ook nie vir enige ander wat verder onwettig daar is nie.

Anoniem ·

Waarom word daar in onveilige geboue geplak en word die strukture in die eerste plek nie gesloop nie? Ons regering kan nie eers hulle eie gemors uitgesorteer kry nie wat nog te sê van buitelanders s’n? Waarom MOET ons buitelanders huisves en onderhou? Sisulu maak ‘n helse storie oor uitlatings uit Australië oor ons boere (wat immers hardwerkend is en bydra tot ‘n land se voeding) en kyk wat gaan op haar voorstoep aan! Chaos! WAAROM HUISVES ONS NIE-BYDRAENDE BUITELANDERS?????

Wil jy nou meer ·

Waar gaan JHB geld kry as hulle, hulself verryk!! Shame wil jul nou he hul moet daar gaan bly. Kom nou mense jul kan mos dit nie van die “vername” mense verwag nie. Arme onskuldige kinders.

christa ·

hulle kruip oral in. Hoekom nie n plek wettig koop nie. Almal wil net backhand staan en die staat moet opdok, wat op die ou einde die gemeenskap is wat moet betaal

Pop ·

Arme mnr mashaba, hy kan hierdie een nie wen nie. Gooi hy die plakkers uit is dit nie reg nie, en los hy hulle is dit ook sy skuld. En om vir 100,000 mense behuising te gee is totaal belaglik. Laat hulle teruggaan waar hulle vandaan kom.

Rooikop ·

Baie jammer vir die kinders maar die mense het gebou onwettig beset. Ook buitelanders ………………..stuur hulle terug na hulle land.
Hulle kom hierheen en word net meer en meer mense wat dakloos is waarvoor ons moet
sorg.

Keelvol ·

Wag laat ek net seker maak ek verstaan.. Hulle is onwettige immigrante, wat onwettig in ‘n onveilige gebou bly, nou moet ons belastig geld vir hulle nuwe behuising betaal?? Hulle moan oor werkloosheid en swak dienste maar ons regeering gooi ons grense oop vir elke Jan, Rap en sy maat. Plaas raak hulle van al die buitelanders wat so onwettig hierheen kom ontslae dan kan hulle dalk vir hierdie land se eie mense sorg..

Jacob ·

Daai is mos afrika vir jou , free for all , Free Food Free houses ,

Casper Labuschagne ·

Daar is twee onbeantwoorde vrae wat ek het: Waar is die nagenoeg twee honderdduisend witmense heen wat eens in die middestad, Hillbrow, Yeoville ens in Johannesburg gewoon het, want ek kom nooit enige sulke persone teë nie? En waar kom die nagenoeg halfmiljoen mense wat nou daar woon vandaan, want hulle het nie daar grootgeword of selfs voorheen daar gebly nie?

wilma ·

Onwettig gebly…. Onveilige gebou…. Nou moet staat seker weer betaal… Stuur hulle almal eerder terug na hulle eie land toe dat hulle land vir hulle sorg….

honourable member ·

Niemand worry oor wat hier aangaan nie want almal word mos grond belowe so hulle hoop maar hierdie lotte sal maar iewers anders gaan plak. Hierdie vervalle geboue moet gesloop word maar nou word dit gelos vir mense om in te bly tot hulle grond iewers gevat het.

Hanna ·

Kyk, dis jammer dat onskuldige kinders moes sterf agv hul ouers se balhorigheid: “inwoners” weet die gebou is onveilig en daar was heelwaarskynlik ook heeltemal te veel mense woonagtig in hierdie gebou. Sou die stad Johannesburg hulle uitsit, sal alle hel weer losbreek. Sou die stad Johannesburg aan hulle behuising verskaf, is daar in n kits nog 100 000 wat huisvesting “demand”! Catch 22 situasie as jy my vra.

Alida ·

Die kinders se ouers het gekies om onwettig daar te plak. Daar was waarskuwings en gaan hulle seker nou miljoene eis. SIEK.

Ek Moet Vra. ·

Ek is eerstens baie jammer dat kinders hulle lewe moes verloor.Maak nie saak hoe mens daarna kyk nie dit bly hartseer.Ek verstaan net glad nie die kultuur van “Ons vra al lank vir huise”waar ek vandaan kom werk mens vir wat jy nodig het en niks kom verniet nie.Dis van sit en verwag dat als na jou kant toe kom en die houding van ek is geregtig op als dat dit gaan soos dit nou gaan.

Kinders ·

Of die mense nou wettig bly of nie, die kinders het ongelukkig nou daaronder gely. Hopelik sal iemand nou wakker skrik en iets daadwerkliks aan die situasie doen.

Jan ·

JINNE dit is TRAGIES, jammer oor die ouers se groot verlies. EK WIL NET WEET IS DIT OOK DIE WITTES en JAN VAN RIEBEECK se skuld of gaan die regering/munisipaliteit vir EENKEER in hulle lewe na 24 jaar PA staan vir die probleem?

JJ ·

Die ouers het hulle in daai posisie geplaas, die ouers moet aangekla word, glad nie jammer vir die ouers nie.

Linda van Mosselbaai ·

Hoe hartseer.
Ons staan nie in daardie mense se skoene nie – so ons weet nie hoe desperaat hulle was nie.
Sterkte aan almal betrokke – hopelik was hul dood nie verniet nie.
Mag alle onveilige geboue gesloop word.
Mag almal veilig slaap ……….

Niel ·

“desperaatheid” is die verskoning vir alles in SA, diefstal=desperaat, huisroof=desperaat, moord=desperaat en en en, flou verskoning vir nuttelose mense.

Adrian ·

Die hele Hillbrow asook wooneenhede in middestad is voos en moes al 20 jaar gelede gesloop gewees het. Dinge het egter lelik geraak toe geboue deur buitelanders gekaap is en honderde mense in die geboue onwettig geprop het om geld te maak. Als het verval agv geen opknappings dus begin geboue verval . Nou het ons dit ,, first wall to fall many to follow”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.