Muur val vrou dood

Argieffoto

Argieffoto

Een vrou is dood en ʼn ander vrou ernstig beseer nadat ʼn muur op hulle geval het in Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het ’n stalmuur op die vroue geval in Douglas Valley buite die stad.

Botha het gesê omstanders kon daarin slaag om ʼn 19-jarige vrou uit die puin te bevry. “Sy het egter kritieke beserings opgedoen.”

Volgens Botha is die ander vrou noodlottig beseer. “Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die beseerde is na ʼn Bloemfonteinse hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trolle ·

Toemaar alles val in mekaar,sorry om te hoor sterkte.Maroela wat het gister gebeur met n skietery in Pretoria,wat ek dink is belangrikker nuus maar ek kry nie iets op ander nuus nie.

Lynette ·

Ek weet nie of ek dit gemis het nie maar ek het nooit iets in Maroela gelees oor die bomme wat n paar weke gelede in n huis afgegaan het nie waarin 4 persone food is nie? Wil graag daarvan hoor.

Cheryl ·

Hi Andre, Die wind het die muur omgewaai – was blanke vrou 45jr oud wat oorlede is – sy was in ‘n stal waar sy met perde gewerk het- fratsongeluk, baie sad

Hugo ·

Die grusame ongeluk het gebeur asgevolg van storm winde in Bloemfontein. My hart gaan uit na my neef wat sy verloofde verloor het.

Lise ·

Die FB-blad ‘Horses in need in SA’ het berig dat een van hulle lede voer aan die oorledene se 80 perde gaan besorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.