“My oupa is nog baie wakker”

Voormalige president Nelson Mandela

Die presidensie het Saterdag geen nuus oor die toestand van voormalige president Nelson Mandela se gesondheid gehad nie.

“Ons het nog geen nuwe nuus aan ons kant ontvang nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, gesê. Mandela ontvang tans behandeling tuis nadat hy Woensdag uit die hospitaal ontslaan is. Hy is aanvanklik op 8 Desember van sy huis in Qunu in die Oos-Kaap na Pretoria gevlieg om behandeling te ontvang vir ‘n longinfeksie. Galstene is ook verwyder.

Intussen het Zaziwe Manaway, Mandela se kleinkind, aan EWN gesê Madiba is “wakker”. “Hy is nog baie wakker. My oupa lees nog steeds elke oggend die koerant, so hy weet presies wat almal van hom sê,” het Manaway gesê.

Mandela het ‘n geskiedenis van longprobleme. Hy het aan die einde van sy 27 jaar tronkstraf tuberkulose opgedoen.

Beste wense vir Madiba en sy gesin stroom steeds in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.