‘My regte geskend’, sê minister oor Bosasa-bewerings

Nomvula Mokonyane. Foto: Elmond jiyane, GCIS

Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, meen haar regte is geskend aangesien sy nie kennis gegee is dat sy by getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping betrek gaan word nie.

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, het Maandag getuig Mokonyane het benewens ʼn maandelikse bedrag van R50 000 ook opgraderings aan haar huis en ʼn magdom kruideniersware jaarliks oor Kerstyd van Bosasa ontvang.

Regsverteenwoordigers vir Mokonyane voer in ʼn brief aan die Zondo-kommissie aan dat die media die kommissie se plek ingeneem het in die ondersoek na bewerings van staatskaping. In die brief word daar aangevoer dat Mokonyane se reg tot prosedurele billikheid oortree is en dat die media se optrede hul kliënt benadeel het.

Volgens Agrizzi is die beweerde omkoopgeld maandeliks aan Mokonyane oorbetaal van 2002 totdat hy Bosasa in 2016 verlaat het.

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa (Foto: Dimpho Maja/ANA)

Agrizzi sê egter Bosasa, wat nou as African Global Operations handel dryf, het nie enige tasbare voordeel getrek uit sy verhouding met die minister buiten politieke beskerming nie. Mokonyane was aanvanklik ʼn aandeelhouer en direkteur van Dyambu Holdings, Bosasa se houermaatskappy.

Die geskenke sluit in instandhouding en sekuriteit by Mokonyane se huis in Roodepoort; jaarliks ʼn lang lys Kersinkopies; betaling van die uitgawes van begrafnisse vir haar familielede; verskeie ANC-geleenthede, insluitend die verversings vir ʼn partytjie vir oudpres. Jacob Zuma se 72ste verjaarsdag.

Agrizzi se verskyning voor die kommissie is stil gehou totdat hy verlede week begin getuig het, maar sy beëdigde verklaring is later aan die media uitgelek en talle Sondagkoerante het daaroor berig.

Die media het oor die bewerings teen Mokonyane en ander amptenare berig en talle joernaliste het Mokonyane gekontak vir kommentaar oor die bewerings. Regter Raymond Zondo, voorsitter, het gesê hy sal Dinsdag aan die kwessie aandag gee wanneer Agrizzi sal voortgaan met sy getuienis.

Volgens Mokonyane se regsverteenwoordiger is sy die dag waarop Agrizzi met sy getuienis begin het gekontak en aangesê dat sy moontlik geïmpliseer kan word. Volgens die kommissie was dit om veiligheidsredes aangesien Agrizzi doodsdreigemente ontvang het.

Mokonyane se regsverteenwoordigers voer egter aan dat daar nie redes aan hulle gegee is vir die afwyking van die reël nie en dat die minister nie die geleentheid gegee is om voorleggings te doen voordat die besluit geneem is nie.

“Dit is vir ons kliënt duidelik dat daar amptenare van die kommissie is wat daarop uit is om die ondersoek van die kommissie te ondermyn en die regte van geïmpliseerde persone te troef.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Johanna Botha ·

Watse regte …jy is n publieke aanstelling en jy het jou mag gebruik ….hoop jy word n voorbeeld van gemaak en vervolg !

Santjie ·

Haha! Die soustrein loop nou oor, nou kom die “menseregte” storie weer in…

Ken ·

Ag asseblief tog!!! Hierdie korrupte spul narre wat altyd aangaan or hul regte wat geskend word!! As jy die daad wil pleeg – FACE THE CONSEQUENCES!!! Die ANC is een groot korrupte organisasie wat nou al jare ons almal se belasting geld vir eie gewin gebruik. Moet die hele damn regering hof toe sleep!!!

Se maar net ·

Ek stem saam met haar regsverteenwoordigers maaaar dit vat nie haar skuld weg nie. Sy moet gaan.

Melanie ·

Haar regte is geskend? Wat het sy van haar ‘regte’ gedink toe sy elke maand, jaar na jaar, al daardie ekstra inkomste ens ontvang het. En miljoene mense loop en bedel vir ‘n stukke brood! En CR belowe daardie einste mense hemel op aarde, AS hulle vir die ANC sal stem! En ergste nog, die spul sal waaragtig weer vir die ANC stem.

Skroef ·

Sy is vooraf gewaarsku dat sy geimplimenteer gaan word. Word almal vooraf gewaarsku? Is haar “regte” belangriker as wet en orde?

Snowball ·

It’s my right to be corrupt! I’m entitled to whatever I can gain personally by using my appointed governmental position, by whichever means I can get away with. It is the right of every corrupt individual to shout about their rights. So you must be right. You need to get right out of here! Your rights turn out to be all wrongs for this country and its people. Someone should read you your rights so you can go to jail for corruption.

Anton X ·

Ek wag eintlik nog op die betrokke by die wapenskandaal om tronk toe te gaan. Nou intussen het daar nog vele skandale die lig gesien. En ons kom niks verder as ‘n kommissie van ondersoek nie. Maar soos iemand gister gese het, die skandale gaan soos ‘n fondsinsameling lyk as hulle eers die korrupsie agter PIC oopvlek.

Thinus Erasmus ·

Dit is ‘n gegewe en bloot natuurlik dat al die ge-impliseerdes alles sal ontken!

JohanL ·

Twee goed. As Mokonyane se regsverteenwoordiger reken sy is benadeel agv die media, wel dan is die onderwyseres van Sweizer-Reneke ook benadeel deur die media. En in die onderwyseres se geval het Mokonyane se “kameraad kollegas” haar ook nog verguis en skuldig bevind aan rassisme voor enige ordentlike ondersoek. So Mokonyane – kry vir jou. Niks van jou regte is geskend nie.

Tweedens aan Ken wat reken die ANC is een groot korrupte organisasie. Stem 100% saam met jou. Kyk maar na hul geskiedenis. Gaan nie verder uitbrei oor hoekom nie, want in die vorige 4-5 kere as ek uitbrei oor hoekom ek dit skryf (maw ek gee redes), dan publiseer MM nie my inset nie. Dalk sal my inset nou gepubliseer word as ek nie die redes gee nie. Stem eerder maar net saam met jou.

Vortext ·

Snaaks. Sg. “Regte” kom altyd ter sprake wanneer iemand uitgevang word. Tydens die oortreding, of dit bedrog of moord of verkragting of wat ook al is, het die slaoffers geen regte of toegang tot die reg nie.

Johan ·

Die Minister sê haar regte is geskend. Maar indien die bewerings waar is, het sy die gewone Suid-Afrikaners se regte geskend…. wat veel erger is!

alida ·

Sy wou vooraf gewaarsku word sodat sy genoeg tyd het om ‘n liegstorie uit te dink. Lekker op heterdaad betrap. Vervolg haar.

Robert ·

So as die polisie haar soek moet ek haar in kennis stel dat hulle oppad is, die enigste regte wat jy het dame is om die land te dien

PJC ·

Dit wil voorkom of Mokonyane baie invloedryk binne die ANC is en daarom kan CR ook nie van haar ontslae raak nie so miskien gaan sy dalk wegkom hiermee ook.

Grassie ·

Ek wonder of sy inkomstebelasting op daardie korrupsiegeld betaal het. R600000 oor 14 jaar bejoop R8,4 miljoen. Die belasting daarop is ongeveer R3,3miljoen. Dan moet die waarde van al daardie geskenke nog bygetel word. SARS hef gewoonlik baie groot boetes op inkomste wat verswyg word, nog ‘n paar miljoen. Daarna ‘n kriminele saak van bedrog en belastingontduiking. Dit alles as sy wel die geld ontvang en dit verswyg het. Maar ek dink daar gaan dadels van kom.

Frans C ·

‘n Mens sou verwag dat as sy onskuldig is ,sy meer lawaai oor dit sou opgeskop het en minder gekla het oor die skending van haar regte.

Anoniem ·

Ek neem eksepsie teen jou eksepsie – jy het my regte as belastingbetaler geskend!!!

As die DA dan nou nie meer die Esidimeni slagffers se name op groot borde gaan plaas nie, kan hulle dalk eerder al die Bosasa name gebruik. Ek vermoed egter hulle sal 2 borde langs mekaar moet plaas sodat daar genoeg plek is vir die name van al die korrupte ANC comrades.

Johnna ·

En so word hulle een vir een uitgehaal,Dan is haar regte geskend ag asb tog.
Raak ontslae van al die kriminele so you as moontlik dan is daar dalk hoop vir die land.

Willie ·

Nou hoe is nie opgetel deur die sogenaamde audits wat goedoen was op die sogenaamdes se lewens style nie?

Brutus ·

Sy gaan alles ontken , wag maar en kyk, dit is wat hul gewoonlik doen. patetiese spul.

Zumie ·

Nou maar gee dan die geld terug ……
Moeg vir politici wat die geld wil he en gewillig vat maar nie die naambord van korrupsie nie en wil voorgee dat hulle moreel so wit soos varsgevalde sneeu is.

Nico ·

Al wat geskend is, is haar diens aan SA. Hul hierdie knoeiers kort die doodstraf. Omdat dit nie meer bestaan nie moet hulle maar almal in enkel selle gegooi word met die sleutel wat weggegooi moet word.

Lientjie ·

Jy het jou eie regte geskend die dag toe jy die omgoopgeld ( goedere) aanvaar het. Kyk vir jouself in die spieel dan sien jy wie jou regte geskend het, moenie ver soek nie dis reg voor jou ja jy self!

Jaap ·

Niks gemoan toe soustrein oorgeloop het nie.haha grap die.
Hele ANC klomp korrupte mense.
Cheat,steal and lie.
Wonder wat die kersgeskenk lys behels?

Jerry ·

Mokonyane is verteenwoordigend van ANC kaderontplooiing wat bo die wet en die mense verhewe is en deur aanstelling, wetstoepassers en wetstoepassing beskerm word. Die ANC verwag van Nomvula Mokonyane, wie geimpliseer word by staatskapingkorrupsie om in ontkenning van skuld te bly staan tot in lengte van dae, selfs al is daar klinkklare bewyse van aandadigheid aan staatskapingkorrupsie. ANC denkwyse en revolusionere radikale magshebsug gee nie n duit om vir die regte van gewone mense nie. Nomvula Mokonyane was die minister van water en sanitasie wat tydens Zuma se termyn baie selfvoldaan op TV gese het dat die ANC die rand sal laat val en dat dit die ANC sal wees wat die rand weer sal optel. Sy het die revolusionere boodskap vanaf die verhoog oorgedra aan miljoene kaders om te plunder ten einde die ekonomie en witmonopoliekapitaal te vernietig. Die plundery is geskiedenis en soos sy gese het is dit die ANC wat besig is om die rand weer op te tel. Nomvula Mokonyane is onlosmaaklik deel van n gewetenlose ANC en staan sinoniem met misleiding en met selfverryking ten koste van gewone mense! Dat daar wel kaderdienaars van die ANC is wat geoffer gaan word vir vervolging ten einde verdere misleiding te bewerkstellig, is gegewe ANC ideologiese strategiese visie en ideale, n voor die hand liggende handeling. Nomvula was en is egter steeds n belangrike rolspeler in die ANC en net die tyd sal leer of ons haar in n oranjeoorpak of presidentskleed sal sien!

Thinus Erasmus ·

Jerry ek stem saam met jou, maar met alle respek: glo jy regtig die ANC KAN weer die Rand optel?
Die enigste manier wat hul dit sal kan doen is: om die kabinet te halveer, staatsamptenare met 25% sny / of hul salarisse, SAL toemaak, Eskom en Transnet privatiseer, alle BBBEEEE en kwotas laat vaar saam met baie stremmende arbeidswette ook, en dan nog belasting verligting gee.
En WAT is die kanse dat ANC dit sal doen!

Gert van Wierdapark ·

Die Mini-ster en andere wat betrek word, se sterretjies skyn nie meer so helder soos in Patricia se sangkompetisie van destyds nie. Almal sing nou n ander deuntjie as die papaja die waaier tref. Lyk my die Ysberg van Korrupsie/staatskaping is BAIE, baie groter as wat ons gedink het!!!

Daan Erasmus ·

In die VSA is daar meer Mafia base deur die Inkomste Belasting owerheid vasgetrek as deur die polisie. Dit is die pad om te volg. Maar die belasting gaarder is tans leierloos

Andre ·

Sy is uit gevang met haar vinnergs in die cookie jar en nou wil sy alerhande verskoning op skree. Jy is net nog `n ANC gemors wat nie die belange van die mense in SA in ag neem nie.
Ek hoop hulle gooi jou in die tronk en vat al jou geld.

Marius ·

Hulle gaan jou nog subpoena om jou kant te verduidelik kom ons kyk of jy opdaag???

Pim09 ·

Ag Tannie Nomvula, moenie worry nie. Ek is seker daarvan jy sal nie jou werk verloor nie. Jy gaan dalk net minder geskenke kry. Die laaste 2 Kersfees etes by jou was seker maar vreeslik erg met die dat jy jou eie kos en drank moes koop.

Judge Dredd ·

Gewoonlik die eerste dink wat ‘n krimineel se as gevang word is – ” Ek het regte” .

ne ·

Ek wonder of die staatsamptenare besef ons (die belastingbetalers) betaal hulle salarisse. Maar ek sou kon doen met R50,000 elke maand vir NIKS werk nie…

JohanL ·

ne – ek volg nie 100% wie jy nou eintlik wil “bykom” nie. Bosasa (privaat maatskappy) het Tannie Nomvula elke maand R50 000 betaal. Nie die staat nie. Ja, die staat het die tender toegeken aan Bosasa in ‘n korrupte proses. Onthou “It takes two to tango”.

En ja ek weet die belastingbetaler betaal my salaris elke maand vir die werk wat ek wel doen. Dalk doen die staatsamptenare niks nie, maar lyk my die privaatsektor is aktief op daaglikse basis besig met korrupsie. Is dit hoekom sekere goedere so duur is? Elektroniese toerusting, sekerheidsdienste, privaat mediese sorg, ens. ens.

Henry Batt ·

Ons kan op elke geval kommentaar lewer soos ons wil. Ek wil net graag hê dat die pers vir ons n lys maak van al die korruptes, diewe ens wie sedert 1994 uitgevang is en hoe hulle gestraf is? Weet nie van EEN wat in die tronk sit nie.

Johan H. ·

Wat van die regte van die mense wat hul gaaie afwerk om jul belasting te betaal,,,, Doodstraf is te genadig vir jullle,kabinet skems!!!!

Rooikop ·

En nou peul die wurms behoorlik uit die blik ……………………………

JohanL ·

…… ja om aan te sluit…….. Bosasa, ANC, VBS, EFF,…….. en die lys groei net.

Arno ·

Haai shame, jy het nie aan jou regte gedink toe jy skelm geld ontvang nie

emily ·

Die party is oor.
Liewe hemel al die so called geleerdes is een meer corrupt as die ander.
So lank bribes betaal en ontvang word sal niks in die land regkom nie, En daar is duisende sulke gevalle daagliks.

Danie ·

Kyk hier kom nog baie verskonings wag maar hul gaan weer n draai maak en se dit is Jan Van Riebeeck se skuld wil nie eers uitbrei wie anderes se skuld dit is nie (net nie haar skuld nie) ja en ai tog net nie haar regte skend nie . Sy het nie gedink aan die regte van mense wat sy geskend het toe sy lekker aan die geld geeet en gery en onthaale gehou het nie .Wag maar daai blik Wurms is nog nie eers oop nie hul begin nou eers met die label HOU SE ONS SOEK HOM FLAFFIE SOEK HOM HAAL HULLE UIT

Winx ·

Ramaphosa is nie dom nie. Kyk hoe gebruik hy al die “inquiries” om van die probleemkinders ontslae te raak sonder dat hy sy hande vuil maak binne in ANC. Ons sal nooit weer ‘n wit regering sien nie en of mense dit wil weet of nie, daar is nie ‘n beter persoon binne ANC as Ramaphosa of selfs Gordhan wie hierdie kwart eeu oue hartseer verhaal nou kan bestuur nie.

Oujongvrou ·

Julle hou verniet asem op. Niemand gaan tronk toe of eers voor die hof skuldig bevind word nie. Dis afrika se manier. Ek is so bly ek sal nie meer hier wees oor sowat 20 jr nie. Al die ou witmense gaan dood wees en die jonges in ander lande. Hier gaan niks wees om te plunder. Niemand om die skuld te kry vir alles nie. Zim gaan soos dit nou daar gaan soos n paradys wees. Dis al waarom ek spyt gaan wees ek is nie hier om dit te sien nie.

Hoc est bellum ·

Ek geniet dié Zondo-kommissie se leefstof terdeë. Kan nie wag om elke dag ‘n nuwe hoofstuk te lees nie. Julle in die hoogste parlementêre posisies het almal voete van klei.

nic silverton ·

Die beste is om die hele regering te laat gaan .Die een is meer korrup as die ander .Red n land met so n regering ?????

Meneer ·

Ag foeitog, shame. Nou gaan sy seker ook Polisiebeskerming kry. Dis mos hoe ons operate. Beskerm kriminele sedert 1994…

Dawie ·

My regte is ook vertrap toe belasting geld gebruik was vir korrupsie.

Corne ·

Ag shampies, dalk daaraan gedink het voordat jy die snert aangevang het jou lafaard.

Tipies! ·

Jou regte is geskend ne….Hehehe.. ai lekker lag ek nou…hoe tipies…
Die lot het geen trots,geen integriteit nie…

Bertofski ·

Wel, wel, wel, if it isn’t the consequences of her action.!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.