Foto: MyCiTi-bus in Kaapstad aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

‘n Foto van die brandende bus volg onderaan die berig. ʼn MyCiTi-bus is Woensdagaand in Montague Gardens, Kaapstad, met klippe bestook en aan die brand gesteek.

“Die bestuurder van die bus en agt passasiers moes die bus verlaat en na veiligheid vlug,” het Brett Herron, raadslid van die stad Kaapstad, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn wonderwerk dat hulle ongedeerd kon vlug.”

ʼn Baksteen is deur die voorste venster van die bus gegooi. “Die voorste deur is beskadig en die bus is daarna aan die brand gesteek,” het Herron gesê. Die stad sal al sy hulpbronne gebruik om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Beamptes monitor die gebied.

Die brandende bus in  Montaguerylaan, Montague Gardens net buite die Total-vulstasie. Foto: Western Cape Traffic Updater, Facebook

Die brandende bus in Montaguerylaan, Montague Gardens net buite die Total-vulstasie. Foto: Western Cape Traffic Updater, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.