MyCiTi-busbestuurders staak in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

Talle MyCiTi-roetes in Kaapstad is Woensdag ontwrig nadat busbestuurders begin staak het.

“Verskeie bestuurders van die Transpeninsula Investments (TPI)-voertuigbestuursmaatskappy het Woensdag om 05:00 begin staak,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van vervoer, gesê. “Die rede vir die onbeskermde staking is nog nie bekend nie.”

Nie een van die busse wat in die middestad ry was Woensdagoggend gedurende spitstyd beskikbaar nie. Die roete tussen Kaapstad Internasionale Lughawe en die V&A Waterfront is ook ontwrig.

Die Dunoon-Waterfront-roete is nie so erg hierdeur geraak nie, aangesien slegs sewe van die 38 busse deur TPI bedryf word.

Herron sê bestuurders van ander maatskappye is gehuur om met die ontwrigting te help, maar stakers het die hekke by die depot in Prestwichstraat, Groenpunt, versper.

Hy sê polisiebeamptes is op die toneel om die bestuurders te help om die busse uit die depot te kry. ʼn Beperkte busdiens sal deur die loop van Woensdag beskikbaar wees.

Intussen deur die staking van Rea Vaya-busbestuurders in Johannesburg voort. Klik hier om meer te lees. -SAPA

Lees ook:
Rea Vaya-staking duur voort
Busbestuurder aangerand wat glo wou werk
Vergadering bring dalk ‘n einde aan busstaking
JHB-busbestuurders staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.