MyCiTi-busdiens bly opgeskort oor staking

MyCiTi-bus, Kaapstad Foto: MyCiTi, Facebook

Die Stad Kaapstad het Sondag gesê hy moet pendelaars met spyt in kennis stel dat die MyCiTi-busdiens tot verdere kennisgewing opgeskort bly as gevolg van die voortgesette staking in die busbedryf.

Burgemeesterskomiteelid Brett Herron het gesê ná drie weke is die einde van die staking nog steeds nie in sig nie, ná die loononderhandelings ʼn dooiepunt bereik het.

Pendelaars word aangeraai om alternatiewe vervoerreëlings te tref. “Die stad monitor die situasie en sal pendelaars op hoogte hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

west julle hoeveel werklose blankes daar is met swaar voertuig lisensies en geldige pdp’s wat maar te bly sal wees om n tydelike werk teen n dagloon te kry?

Koos de Meyer. ·

Ja vakbonde is mos goed gekeer. As die klomp staak moet hulle nie salaris kry nie. Geen werk, geen geld. Dan moet hulle maar honger ly aan die einde van die maand. Kry mense wat wil werk.

Ella ·

Hierdie fasiliteite is beskikbaar gemaak vir pendelaars se gerief en unies, hardeg.. werkgewers en opportunistiese is besig om als ten gronde te laat gaan. Wie gaan hierdie probleem laat weggaan?

Jack Klok ·

In vandag se ekonomiese klimaat met staatsuitgawes en staatskuld wat net styg terwyl werksproduktiwiteit nie toeneem nie het dit onbekostigbaar geword om selfs net inflasie gelyke salarisverhogings toe te staan.

Dan het ons nog die absurde eise dat die stakers prestasie bonusse ook eis. Nee wat, ek is ten gunste van hardegat werknemers wat vasskop teen onrealistiese vakbondeise. Buitensporige salaris verhogings word maar net weer van die eindverbruikers verhaal en dan het ons ook nog die verskynsel dat werkgewers afskaal op werksgeleenthede. As ek my sin kon kry sou ek as werknemer elke week wat die staking langer duur my salaris aanbod verlaag. Dit is tyd dat die vakbonde wat eiebelang voor landsbelangstel in die bek geruk word.

JH ·

“Jack Klok”. Ek is amper seker jy het die termes van werkgewer en werknemer in jou skrywe omgeruil. Ek sou as werkgewer my aanbod elke keer verlaag het. As ek dit as werknemer sou doen sou ek nogal stupid wees.

Nico ·

Beste van als is dat hulle nog steeds vir die anc gaan stem ek daag hierdie voorsitters van die unies uit om hulle leefwyse en salarisse te verklaar sodat hulle lede kan sien hoe lekker lewe hulle so hoekom worry hulle hoe lank hou die staking aan

Jannie ·

ń Permanente alternatief vir pendelaars is ń goeie idee dan benodig ons glad nie busdienste nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.