MyCiTi-staking verby

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Staking wat ontwrigtings op die MyCiTi-busroetes in Kaapstad veroorsaak het, is verby.

“ʼn Ooreenkoms, wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bewerkstellig is, het ʼn einde aan die twee dae lange staking gebring,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, gesê. “Minstens 80% van die bestuurders sal van nou af tot aan die einde van vanaand [Donderdag] hul skof voltooi. Alle bestuurders sal na verwagting môreoggend vir diens aanmeld en die busdiens sal dan weer ten volle in werking wees.”

Hy het gesê die hoofroete tussen Dunoon, Tafelbaai, die Burgersentrum en die Waterfront, sowel as die roete tussen Kaapstad Internasionale Lughawe en die Burgersentrum is nie Donderdag deur die staking geraak nie.

Verskeie bestuurders van die TPI-voertuigbedryfsmaatskappy het Woensdag om 05:00 begin staak. Herron het gesê dit was ʼn onbeskermde staking en die rede was nie duidelik nie.

Bestuurders van ander busmaatskappye is gehuur om met die ontwrigting te help. -SAPA

Lees ook:
MyCiTi-busbestuurders staak in Kaapstad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.