MyCiTi-werknemers sal ‘tot die laaste druppel bloed baklei’


ʼn MyCiTi-bus is in Khayelitsha aan die brand gesteek (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

ʼn Verteenwoordiger van betogende MyCiTi-werknemers het Donderdag gesê die personeel is bereid om “tot die dood te baklei”.

“Ek sal nie omgee om te sterf vir my kinders se toekoms nie, want uiteindelik was dié onderneming veronderstel om mense te help, en nou gebeur dit nie. Dit is waarvoor ons baklei en ons sal baklei tot die laaste druppel bloed gestort is,” het Thandikhaya Chizama gesê.

Chaos het Donderdag by die Kaapstadse burgersentrum ontstaan toe polisiebeamptes met skokgranate op sowat 200 betogende MyCiTi-personeel moes losbrand wat in Oktober met ʼn onwettige staking begin het.

Chizama het gesê die werknemers is kwaad, omdat hul eise nie deur die werkgewer aanvaar word nie. Hy het gesê werkers se verteenwoordigers het hul eise by Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, ingedien. Plato het die memorandum op 15 November ontvang en onderteken.

In die lang lys eise wat hy aan die African News Agency verskaf het, eis personeel, onder andere, dat hulle deur die munisipaliteit aangestel moet word, “verbeterde werkstoestande”, en “gelyke salarisse vir alle bestuurders”.

Die MyCiTi-busbestuurders is tans in diens van Vehicle Operating Companies (VOC).

“Ons eis dat die bestuurders gelyke salarisse moet ontvang. Bestuurders word nie dieselfde tarief betaal nie. Byvoorbeeld, die N2 Express-bestuurders ontvang groter salarisse. Sommige maatskappye in die projek het ʼn mediese fonds en ander het glad nie ʼn mediese fonds nie,” aldus die lys van eise.

Chizama het gesê werknemers is gereed en bereid om hul werk te doen, op voorwaarde dat daar voldoen word aan hul eise. Hulle gaan nie terugstaan totdat die werkgewer die kwessie aanroer nie.

Volgens hom het sekere werknemers intussen reeds teruggekeer werk toe en hulle sal dissiplinêr verhoor word. Ander werknemers is reeds afgedank.

Die stad het gewelddadige optrede en intimidasie beleef wat met die staking verbind word. ʼn Bus is Maandagaand in Woodstock aan die brand gesteek en die busbestuurder en ʼn pendelaar is ernstig beseer.

ʼn Man is verlede maand in hegtenis geneem toe ʼn MyCiTi-bus by die Crassula-bushalte in Koebergweg in Milnerton aan die brand gesteek is.

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê vyf MyCiTi-busse is sedert 15 Oktober met petrolbomme verwoes. Vier busse is beskadig tydens onsuksesvolle brandstigtingspogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

aj ·

Terroriste en saboteurs!!!

Sluit hulle op … totdat hulle agterkom dis ‘n voorreg om te kan werk!

Anel ·

Wat ek nie kan verstaan nie is toe die klomp in diens geneem is moes hulle tog gewwt het wat se voordele hulle gaan hê. Niemand hou ‘n geweer teen hulle koppe en sê hulle moet die werk foen nie. Bedank as jy nie tevrede is nie. Iemand anders sal nie werk doen. Niemand in hierdie land word gedwing om ‘n spesifieke werk te doen nie. Jy doen srlf aansoek daarvoor!

Anton ·

Maar word dinge soos salarisse en byvoordele nie ooreengekom by indiensneming nie? Baie skuld moet toegeken word aan die maatskappye wat nie hul werk reg doen by indiensneming van personeel nie plus hul het seker n baie goeie BBBEE score. Kan nie n partytjie in n brouery reel nie!

Maljan ·

Hierdie vernielsug kan deur niks geregverdig word nie. So laat sy laaste druppel val. As hy nie lewensversekering het nie, bad days wag vir sy kinders

jakes ·

Die stakers vernietig hul eie bates in n mate. Daar is duisende werklose mense wat vir minder as die stakers sal werk. Griewe moet op n vreedsame wyse opgelos word. Wat se die stakers vir hul families as daar nie n salaris is om kos mee te koop nie?

Helizna ·

Ek verstaan hulle griewe, maar hulle metodes is selfvernietigend. Hulle moet eerder werk, maar nie geld aanvaar nie by reisigers nie. Maak die maatskappy se sakke eerder seer as om infrastruktuur af te breek.

lolla ·

‘hulle eise word nie aan voldoen nie’…. so die stert [of onder die stert] wil nou die hond rondswaai…. maar n stert kan afgesny word en die hond kan nog lewe….. so as hulle nie loop en self gaan ander werk soek nie dan fire hulle….daar is baie bevoegde mense wat die werk kan en wil doen…. o ja die kwalifiserende faktor BEEEE en E…. en dagvaar die opstokers vir die vervangwaarde van die skade….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.