Myeni daag nie op by Eskom-ondersoek

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. Foto: ANA

Dudu Myeni, die voormalige voorsitter van SAL wie se naam in die Eskom-ondersoek genoem is as een van die mense wat in bedrywighede by die kragvoorsiener ingemeng het, het Woensdag nie opgedaag om voor die kommissie van ondersoek te getuig nie.

Myeni, ʼn bondgenoot van die voormalige staatshoof, Jacob Zuma, was veronderstel om vandag te getuig oor die ondersoek na bewerings van korrupsie en ander bestuurskandale by die kragvoorsiener. Myeni is geroep om te getuig nadat ʼn voormalige voorsitter haar by inmenging geïmpliseer het.

Zukiswa Rantho, voorsitter van die komitee, het aan LP’s gesê Myeni het ʼn reeks teksboodskappe aan die komiteesekretaris gestuur waarin sy gesê het haar prokureur is “nie hier nie” en dat haar regsverteenwoordigers meer tyd nodig het om voor te berei. Die prokureur is glo eers Dinsdag ingelig oor die saak.

“Tot op hede het ons net ʼn SMS, nie ʼn formele brief nie. Die parlement het vir haar ʼn formele brief geskryf,” het Rantho gesê.

LP’s was woedend. “Ons het hier weer ʼn getuie wat voldoende kennis gegee is om hier te wees. Ek aanvaar nie daardie verduideliking nie. Dit is baie duidelik dat vertragingstaktieke hier gebruik word,” het Steve Swart, ACDP-LP, gesê.

LP’s van die ANC en die Inkatha Vryheidsparty het voorgestel dat nog ʼn brief aan Myeni gestuur word waarin sy gemaan word om volgende week voor die komitee te verskyn of ʼn dagvaarding sal aan haar uitgereik word.

Die DA se Natasha Mazzone het Myeni daarvan beskuldig dat sy “speletjies speel” en gesê eerder as wat sy weer gevra word om te getuig, moet sy onmiddellik gedagvaar word om te verskyn. “Dit is baie jammer dat ons iemand moet dagvaar om te kom en haar verpligting teenoor die land na te kom,” het Mazzone gesê.

Zola Tsotsi, voormalige voorsitter van Eskom, het in November verlede jaar aan die ondersoekkomitee gesê hy het vroeg in 2015 Myeni by die presidensiële woning in Durban ontmoet. Tsotsi het getuig Myeni het aan hom gesê daar was planne gereed om ontslae te raak van die destydse uitvoerende hoof, Tshediso Matona, en twee ander bestuurslede.

Tsotsi het gesê hy het die vergadering skokkend gevind en dat hy aan Myeni gesê het die skorsing van bestuurshoofde was “ʼn resep om onstabiliteit by die maatskappy te veroorsaak”. Volgens Tsotsi het Myeni geantwoord die bestuurders sal nie van oortredings beskuldig word nie, maar net eenkant toe geskuif word sodat die ondersoek kan voortgaan “sonder om deur hul teenwoordigheid belemmer te word”.

Dit is ook wat in die media berig is toe die drie in 2015 geskors is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Een van DIE Zumaikies wat gerule en regulate en ruin hetin ZUOTIPIA. Attitude van onaantasbaarheid. evermind haar EISHKOM palawas… wanneer staan sy in vir haar verwoestung by SAL??????!

Tammy ·

Minagting van die Hof!!!! sluit haar toe. Dis absoluut onaanvaarbaar en gebeur al hoe meer, want hulle kom weg daarmee. Iemand moet as voorbeeld gebruik word en heel gepas sal dit die hierdie dame wees!!

christa ·

sy moes al gearresteer gewees het en daar gehou word tot die volgende verskeining

OOK SIEK ·

Eers daag hulle nie op nie dan begin hulle siek speel, dan is hulle te siek om hofsake by te woon en word in hospitale en inrigtings opgeneem en gedokter, ons ken al al die truuks . dit gaan nie beter word nie . hulle is baie slim as hulle bedrog en korrupsie kan pleeg maar raak onmiddellik terminaal as hulle moet pa staan daarvoor.

Michael ·

Sy het nooit vir werk opgedaag nie wat sal sy nog vir n ondersoek op daag ek stem saam sluit haar op en gooi die sleutels weg.

Dudu doedoe ·

Haar afwesigheid gaan seker weer aan akute stres toegeskryf word.
Vertragingstegniek…

marous ·

Sy het nie opgedaag nie want sy het laat gedoedoe ….dink ek

Johan ·

Sy sal nie opdaag nie want sy doen nogaltyd wat sy wil….net soos zuma gee sy die middel vinger vir enige wetgewing….. et soos zuma “wat gaan julle aan my doen”…niks nie….

PJC ·

Waneer jy JZ se speeldingetjie is raak jou kop so groot dat jy die parlement ignoreer.

Nettie ·

Hierdie vrou moes lankal agter tralies gewees het. Sy het SAL in die afgrond in bestuur……………………………….. Dagvaar haar en gooi haar in die tronk ……….

cassie ·

Dit was haarplig om haar prokureur te verwittig van haar verskyning voor die kommitee.Sy was in kennis gestel dat sy moet kom pa staan oor haar dade.Arrogant om nie te veskyn nie en speel vir tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.