Myeni sal SAL binnekort verlaat, sê Gigaba

Argieffoto

Malusi Gigaba, minister van finansies, het bevestig dat Dudu Myeni nie nog ʼn termyn as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal dien nie.

Gigaba het Donderdag tydens ʼn perskonferensie oor die stand van die ekonomie gesê ʼn opvolger sal aangestel word tydens die volgende algemene jaarvergadering van die nasionale lugredery. Nasionale tesourie sal ook poog om die pos van die uitvoerende hoof van die lugredery, wat al vir nagenoeg twee jaar lank vakant is, te vul.

“Ons sal haar opvolger by die volgende algemene jaarvergadering aanstel. Ons sal ʼn uitvoerende hoof in die volgende paar weke aan die kabinet aanbeveel.”

Gigaba het gesê alhoewel SAL steeds ʼn kontantinspuiting van die nasionale tesourie sal bekom, sal dit onder baie streng voorwaardes wees, spesifiek ʼn verbintenis om die maatskappy se omdraai-strategie te implementeer.

“Watter bystand hulle ook al ontvang, gaan nie maklik en vry wees nie. Ons gaan streng wees met SAL en die omdraaistrategie gaan hulle nie vinnig help nie, so die voorwaardes wat ons gaan stel, gaan baie streng wees. Hulle gaan moet bewys dat hulle bereid is om weer die vertroue by die publiek terug te wen,” het hy gesê.

Gigaba het gesê hy sal in Oktober tydens sy begrotingsbeleid ʼn aankondiging oor SAL maak en het bevestig dat hy ook finansiële ondersteuning vir die SAUK met die minister van kommunikasie Ayanda Dlodlo bespreek. Dlodlo wou nie hierdie week aan LP’s bekend maak hoeveel hulp die SAUK benodig nie.

Gigaba het gesê ʼn bekwame raad moet aangestel word en bygevoeg dat dit nie op die politiek van die land moet fokus nie, maar om die maatskappy volhoubaar te bestuur.

Hy doen ook ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om vinnig op te tree om die Eskom-raad te vervang wat al sedert Maandag sonder ʼn voorsitter is, nadat Ben Ngubane bedank het en om te verseker dat die vakante pos van uitvoerende hoof ook gevul word ná Brian Molefe weg is.

“Ons is baie besorg oor die stand van staatsbeheerde ondernemings, veral wat die finansies en voorwaardelike aanspreeklikheid betref,” het Gigaba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johannes van Staden

Skade is klaar gedoen !

Pieterlewismuts

Ek hoor selde GOEIE nuus vanaf die owerhede, maar hierdi e nuus dat Dudu Myeni nie weer aangestel gaan word nie, is die BESTE NUUS wat ek vir n baie lang tyd ontvang het.
Vertrou nou net dat die nuwe voorsitter dan nie ook in die Guptas se sak sal sit/beland nie

Johann

Hoop hulle gaan haar sakke deur vir n vliegtuig …siende daar nie meer geld is om te vat nie????

zoom zoom

Nou dat haar sakke ook vol is nou kan sy gaan om ‘n nuwe gupta aanstelling kans te gee om te help om die saa tr oorhandig aan die zuptas

Eish

Feit is dat jy n kundige met kundigheid nodig het om so n onderneming te bestuur, nie n kornuit met konneksies nie. Dit laat ons met een van twee gevolgtrekkings : 1. Die regering is nie bereid om iemand met die nodige kundigheid aante stel uit die voorheen benadeelde deel van die bevolking tensy hy nie n kornuit met konneksies is nie. 2. Uit die somtotaal van voorheen benadeeldes, sê 40miljoen mense, is daar eenvoudig nie die kundigheid om so n onderneming te bestuur nie en die regering sal verkieslik miljarde verloor, eerder dan kundigheid uit die res van die… Lees meer »