Myeni sal SAL binnekort verlaat, sê Gigaba

Argieffoto

Malusi Gigaba, minister van finansies, het bevestig dat Dudu Myeni nie nog ʼn termyn as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal dien nie.

Gigaba het Donderdag tydens ʼn perskonferensie oor die stand van die ekonomie gesê ʼn opvolger sal aangestel word tydens die volgende algemene jaarvergadering van die nasionale lugredery. Nasionale tesourie sal ook poog om die pos van die uitvoerende hoof van die lugredery, wat al vir nagenoeg twee jaar lank vakant is, te vul.

“Ons sal haar opvolger by die volgende algemene jaarvergadering aanstel. Ons sal ʼn uitvoerende hoof in die volgende paar weke aan die kabinet aanbeveel.”

Gigaba het gesê alhoewel SAL steeds ʼn kontantinspuiting van die nasionale tesourie sal bekom, sal dit onder baie streng voorwaardes wees, spesifiek ʼn verbintenis om die maatskappy se omdraai-strategie te implementeer.

“Watter bystand hulle ook al ontvang, gaan nie maklik en vry wees nie. Ons gaan streng wees met SAL en die omdraaistrategie gaan hulle nie vinnig help nie, so die voorwaardes wat ons gaan stel, gaan baie streng wees. Hulle gaan moet bewys dat hulle bereid is om weer die vertroue by die publiek terug te wen,” het hy gesê.

Gigaba het gesê hy sal in Oktober tydens sy begrotingsbeleid ʼn aankondiging oor SAL maak en het bevestig dat hy ook finansiële ondersteuning vir die SAUK met die minister van kommunikasie Ayanda Dlodlo bespreek. Dlodlo wou nie hierdie week aan LP’s bekend maak hoeveel hulp die SAUK benodig nie.

Gigaba het gesê ʼn bekwame raad moet aangestel word en bygevoeg dat dit nie op die politiek van die land moet fokus nie, maar om die maatskappy volhoubaar te bestuur.

Hy doen ook ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om vinnig op te tree om die Eskom-raad te vervang wat al sedert Maandag sonder ʼn voorsitter is, nadat Ben Ngubane bedank het en om te verseker dat die vakante pos van uitvoerende hoof ook gevul word ná Brian Molefe weg is.

“Ons is baie besorg oor die stand van staatsbeheerde ondernemings, veral wat die finansies en voorwaardelike aanspreeklikheid betref,” het Gigaba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Ek hoor selde GOEIE nuus vanaf die owerhede, maar hierdi e nuus dat Dudu Myeni nie weer aangestel gaan word nie, is die BESTE NUUS wat ek vir n baie lang tyd ontvang het.
Vertrou nou net dat die nuwe voorsitter dan nie ook in die Guptas se sak sal sit/beland nie

Wag eers ·

Wag eers, ons sien eers met wat, skies bedoel wie sy vervang word voir ons te bly word.

What a joke! ·

Moet nie te gou bly raak nie. Sy word vervang met net nog n kader wat nie weet wat aangaan nie!

Johann ·

Hoop hulle gaan haar sakke deur vir n vliegtuig …siende daar nie meer geld is om te vat nie????

zoom zoom ·

Nou dat haar sakke ook vol is nou kan sy gaan om ‘n nuwe gupta aanstelling kans te gee om te help om die saa tr oorhandig aan die zuptas

Eish ·

Feit is dat jy n kundige met kundigheid nodig het om so n onderneming te bestuur, nie n kornuit met konneksies nie.
Dit laat ons met een van twee gevolgtrekkings :
1. Die regering is nie bereid om iemand met die nodige kundigheid aante stel uit die voorheen benadeelde deel van die bevolking tensy hy nie n kornuit met konneksies is nie.
2. Uit die somtotaal van voorheen benadeeldes, sê 40miljoen mense, is daar eenvoudig nie die kundigheid om so n onderneming te bestuur nie en die regering sal verkieslik miljarde verloor, eerder dan kundigheid uit die res van die bevolking aan te stel.

Dirk Breytenbach ·

Die antwoord is voor die hand liggend: stel ‘n huidige benadeelde aan en die probleem is binne 18 maande opgelos.

Annette Stander ·

Dudu moes al lankal gefire gewees het. Die nuwe aanstellings sal in elk geval maar weer uit die Zupta kliek kom

Lynette ·

Hulle bly neuk met SAA en SAUK maar die gesondheidsorg het meer en dringende aandag nodig. Hulle bly probeer om dinge wat reeds gesink het, te red en die geld bestee wat eerder vir mediese behoeftes aangewend kon word.

Johann Marx ·

In teenstelling met Pieterlewismuts….hierdie is die slegste nuus OOIT!! As hulle nou begin met hierdie regstellings wen die ANC WEER die volgende verkiesing in 2019…..en ons kan dit nie bekostig nie.

Pieterlewismuts ·

Ek glo nie dat een van ons twee enige bedenkinge het oor die skade wat Dudu Myeni aangerig het nie. Ons mag dalk biki verskil oor die omvang.
Ek beskou haar arrogansie as seker die meeste rede om te juig oor haar vertrek.

Mielie ·

Die persoon se CV Is seker reeds deur Zuptas geverifieer.

Vereistes

*Geen skoolopleiding/opvoeding
*Moet toesprake kan lees
*Moet nie kan tel nie
*Oop wees vir korrupsie
*Ondervinding in staatskaping verpligtend
*Kriminele rekord sal pluspunt wees
*Dikvellig wees

Hulle beledig die landsburgers se intelligensie vlakke. So blatant dis skrikwekkend. Hulle weet daar is niks wat iemand kan doen nie.

Maak nie saak hoeveel LEAKS daar is nie

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. Hier kom nog n kader-aanstelling!

Basjan ·

Dit verbaas my dat niemand in hul kommentare van ‘n goue handdruk gepraat het nie. Sy is mos nou ‘n goeie kanidaat vir een (vir dienste nie gelewer nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.