Die VF Plus het Donderdag ʼn beroep op die Nigel-gemeenskap gedoen om voor 9 Desember by die departement van minerale hulpbronne se kantoor te appelleer teen die oprigting van ʼn oopgroef-steenkoolmyn.
Dit volg nadat die departement van minerale hulpbronne vroeër die geïntegreerde omgewingsplan vir die Bloemendal-steenkoolmyn naby Nigel goedgekeur het ondanks die teenkanting wat hulle van boere en omgewingskundiges gekry het.
Volgens Mari Boshoff, VF Plus-raadslid van die Lesedi-plaaslike munisipaliteit, voer die gemeenskap aan dat dié myn nie goedgekeur kan word nie omdat die mynaktiwiteite waterbronne wat die vlei en waterpanne voed, sal vernietig. Die myn val ook in die Nigel-landbounode waar veral opkomende boere gewasse verbou wat deel vorm van die voedselmandjie van Gauteng.
Inwoners het ook hul misnoeë uitgespreek omdat die myn in ʼn dolomietiese gebied beplan word waar sinkgate kan inval wanneer water uitgepomp word om steenkool te ontgin. “ʼn Groot gebied van die myn sal boonop die Blesbokspruit en gewilde Marievale Ramsar-bewaringsgebied insluit waar skaars voëlspesies en skoenlappers voorkom,” sê Boshoff.
Volgens Boshoff het die departement ʼn steenkoolmyn op gedeeltes van die plase Vischkuil, Bosmanskop, Leeuwkop, Winterhoek en Honingfontein buite Heidelberg, afgekeur. Dit volg na afloop van ʼn openbare deelnameproses. Tydens die proses is redes aangevoer rondom die kritieke ekologies sensitiewe area waar die myn opgerig sou word, die belangrike biodiversiteit rondom die bewaringsgebiede, botsende mynregte en grondeise.
Die VF Plus in Heidelberg het boere bygestaan en vele vergaderings bygewoon om mynbase te oorreed om nié ’n steenkoolaanleg in die gebied te vestig nie.
“Die party sal aanhou veg teen myne wat ten koste van landbou en omgewingsbewaring opgerig word waar dit nie werklik noodsaaklik is nie. Die party is nie teen ontwikkeling gekant nie, maar die gemeenskap moet ook in die besluit geken word.”
Belanghebbendes word genooi om skriftelike besware by die kantoor van die departement van minerale hulpbronne op die hoek van Steve Biko- en Soutpansbergstraat, Arcadia, in Pretoria in te handig.
Ek dink nie skriftelike besware gaan help nie. Die Afrikaan verstaan net een beginsel, domineer my, of ek verswelg jou.
Daar is iets wat ek al die jare van ANC bewind nie kan begryp nl bestaan daar nie ‘n dept van omgewingsake wat ekologies sensitiewe areas moet beskerm en hoekom het die Dept van Minerale Hulpbronne ALTYD die finale se en eergenoemde dept se nie boe of ba?
ANC het lankal die regte aan die chinese belowe , en niemand gan hule stop nie
Het reeds gese dat die ANC soek landbou grond om minerale te myn en dat SA soos een groot mynhoop gaan opeindig met drinkwater so besoedel dat geen mens of dier dit sal kan drink nie, selfs plante sal nie groei nie. Die myne gaan 2000 werkgeleenthede per myn skep en genoeg geld om voedsel en gebottelde drinkwater in te voer. Sterkte in julle pogings om dit te probeer stop!
Die omkoopgeld is klaar betaal en uitgegee deur die kaders. Dit kan nie nou gestop word nie want die kaders kan dit nie meer terugbetaal nie.
Daar is ‘n paar ANC ‘s wat al weer lekker geld hier gaan maak. Kan rerig nie omgee of hulle die land in die grond inry nie, solank die bank rekening ‘n hele paar 000000000 wys
Ons moet wegkom van steenkool !
Die “opkomende boere sal enige dag eerder die geld as die werk vat. Hulle kan volgende jaar weer in ringe gratis grond kry.