Mynbaas ondersoek vir seksuele teistering

Argieffoto

Argieffoto

Die Assmang-groep se Black Rock-mangaanertsmyn in die Noord-Kaap ondersoek ʼn interne klagte van seksuele teistering waarby ʼn bestuurder en ʼn vrouewerker betrek word.

Die ondersoek is van stapel gestuur nadat beamptes van die National Union of Mineworkers (NUM) die saak verlede week by die topbestuur van die myn aangemeld en versoek het dat die bestuurder geskors word.

NUM het die mynbestuur Maandag daarvan beskuldig dat hulle die voorval onder die mat wil invee. “Wat NUM die meeste ontstel is die manier hoe die werker hanteer is toe sy die seksuele teistering teen haar bestuurder aangemeld het. Sy is deur die myn aangekla, geskors en aangesê om ʼn indringende poligraaftoets te ondergaan,” het Livhuwani Mammburu, NUM se woordvoerder, gesê.

Jongisa Magagula, ʼn woordvoerder vir Assmang, het Woensdag bevestig dat die seksuele teistering-aantygings behoorlik ondersoek word.

“Ja, ʼn beweerde seksuele teistering voorval is by die topbestuur aangemeld,” het Magagula gesê. “Die ondersoek word in terme van Black Rock-myn se interne bepaling hanteer en maak voorsiening dat alle betrokke partye hul saak kan stel en op enige daaropvolgende besluite kan appelleer.”

Magagula wou nie kommentaar lewer oor of die betrokke bestuurder geskors is hangende die uitkoms van die ondersoek nie. Volgens NUM is net die werker geskors.

Mammburu het gesê NUM is in gesprekke met hul regspan om te verseker dat alle aanklagte teen die vrou teruggetrek word en dat die betrokke bestuurder op spesiale verlof geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Liewe heksie ·

Spesiale verlof pleeg bedrog en jy gaan op lekker verlof regtig

Hls ·

Jy weet nie eers wat die meriete van die saak is nie. Die “dame” het ‘n poligraaftoets oor die beweerde voorval gedop.

Piet Pompies ·

Dit is taamlik algemeen in die besigheids bedryf om eerder die senior personeel te beskerm ten koste van die junior personeel as om toe te laat dat die waarheid uitkom. Dit beteken dat die sogenaamde waardes van die maatskappy nie die ink werd is waarmee dit geskryf is.

Hls ·

Kry eers die feite voor jy die maatskappy se waardes sommer net bevraagteken. Hoe beskerm mens iemand wat valslik beskuldig word?

Maria ·

Net weereens ñ bewys vrouens hoort nie in die harde mynwêreld nie.

Cherokee ·

Die mynwêreld het kantore wat modern uitgerus is lyk soos kantore in ‘n stad.

Zelda Engelbrecht ·

Ek is 27, en ek werk self vir die Assmang ystererts tak, en ek is baie gelukkig in die mynbedryf. Ek is n vrou en dit is dieselfde as om in die dorp te werk. So maria, net omdat jy dit nie kan doen nie, is nie tese dis vir ons onmoontlik/ iewers waar n vrou nie hoort nie. Sies.

Rina ·

Maria
Daars 2 goed fout met jou kommentaar.
Eerstens is dit in jou boek die vrou se skuld.
Is dit ook n vrou se skuld as sy verkrag word, want sy het n kort rokkie gedra?
Sy vra mos daarvoor.
Tweedens, is ons as vrouens uiters bekwaam in die mynwêreld.
Ek week alreeds 10 jaar in die mynbedryf en nee, nie in n kantoor nie.
Daar buite waar die trokke ry en die stof waai.
Vrouens in ons bedryf sukkel vandag steeds omdat daar afgter die klip mense soos jy is wat sulke snert glo en dit versprei.
Ek staan vir geen man terug nie en enige man wat ordentlik genoeg is om n vrou the respekteer sal haar uitlos.
Anders hoort daai MAN nie in die mynwêreld nie.
Ek neem aan jy is n vrou, so vandag wil ek jou mooi vra om op the hou om jou eie geslag so min te ag en niks te gun nie.
As jy dan nou elke dag will lipstiek dra en pophuis speel, by all means.
Maar sommige van ons het die dryf om iets van onsself the maak.

Maria ·

Cherokee. Ek is deeglik bewus van die kantore en hoe dit lyk. Ek bly in ñ myngemeenskap en daarom weet ek dis ñ harde wêreld.

Joanne ·

Die mynwêreld is hard en ongenaakbaar. Nie ñ plek vir ñ vrou nie al kan ons die werk doen

Jo ·

Wel by Assmang is dit nie so nie ek sal weet. Ek werk daar en my vrou. Daar is meer agter die storie.

C&J ·

seksuele teistering of seks gedurende werks ure is nogsteeds teen enige maatskappy se beleid! julle weet nie wat op assmang aangaan nie

Theresa B ·

Aardetjie tog – Die myne is in so vreeslike gemors dan het hul nog tyd vir sulke snert!!

FJP ·

Praat met my. Ek het persoonlike ondervinding van Assmang in Kathu.
Tot my vrou by die huis was deur ‘n FLM gebel en aangeval toe hy nie sy sin kry nie.
Die myn bestuur het hom beskerm. Gaan maar so daar.
Die afrikaanse vakbond het niks gedoen om my te beskerm nie, eerder my aangeval.
Was later in ‘n kantoor gedruk en my veiligheid aangeval. Moes net daar bedank, onder druk.

Ex Black Rock ·

Ek het baie lank in Black Rock gebly, en was n bestuurder daar, dis nie Kathu nie. Daar is wonderlike mense daar en ek is seker die mynbestuur sal die regte ding doen……………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.