Suid-Afrika se platinumvervaardigers het ʼn aangepaste looneis van die vakbond Amcu van die hand gewys.
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Dinsdag, ná ʼn ses week lange staking, aangedui hy sal instem tot ʼn minimumloonooreenkoms wat oor die volgende drie jaar vir werkers ingestel kan word. “Die R12 500 kan nou oor drie jaar behaal word,” het Joseph Mathunjwa, leier van die vakbond gesê. “Ons verminder nie ons eise nie, ons wil vir die werkgewers slegs beweegruimte skep.”
Die platinumvervaardigers, Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats) en Lonmin, het egter die nuwe eis verwerp en gesê dit bly onrealisties. “Die nuwe eis kom neer op ʼn gemiddelde jaarlikse verhoging van tussen 30 en 40%,” het die maatskappye in ʼn verklaring gesê. “Dit bly onbekostigbaar.”
Die maatskappye sê sy aanbod op 29 Januarie vir ʼn 9%-verhoging vir die laagste vlak is reeds hoër as die inflasiekoers. Die maatskappye het steierverhogings van tussen 7 en 9% oor die volgende drie jaar aangebied.