Mynbedryf moet nou SA ekonomie red – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Suid-Afrika se mynbedryf is grootliks verantwoordelik vir die rekordhandelsurplus van R54,6 miljard wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in Mei aangeteken het.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die surplus is te danke aan ʼn 1,5%-toename in uitvoere tussen April en Mei – ʼn balanssurplus wat boonop jaarliks toeneem.

“Die handelsurplus word hoofsaaklik aangedryf deur die uitvoer van minerale en edelmetale, asook die uitvoer van voertuie en vervoertoerusting, chemiese en landbouprodukte. Hoë kommoditeitspryse en die stygende wêreldwye aanvraag is goed vir ons ekonomie, veral die mynbedryf,” sê Ramaphosa.

Die president sê stygende metaalpryse gaan ʼn beduidende rol speel in die land se herstel van die insinking wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het. Dit open ook verskeie nuwe geleenthede in die mynwaardeketting en is goed vir die myne self, asook vir die verskaffers van goedere vir die bedryf.

“Die mynbedryf het nog altyd ʼn tweeledige rol in ons ekonomie en samelewing gespeel.

“Aan die een kant dra die mynbedryf by tot byna die helfte van uitvoergoedere, sowat 10% van die BBP en 5% van werksgeleenthede. Dit is ʼn steunpilaar vir ons kapitale goederebedryf. Dit is geen toeval dat wanneer wêreldwye metaalpryse styg, ons ekonomie en werkskepping ook styg nie,” sê Ramaphosa.

Aan die ander kant staan die mynbedryf geskiedkundig ook sentraal tot die diepe ongelykheid in Suid-Afrika.

“Eienaarskap is in die hande van ʼn paar groot maatskappye, terwyl die werkplek, salarisskale en die gemeenskappe om myne grootliks gekenmerk word deur diskriminerende verhoudings wat onder apartheid gevestig is.”

Ramaphosa sê die uitdaging is nou om te verseker daar word by ʼn florerende mynbedryf gebaat, terwyl ʼn grondslag ook gelê word vir meer gediversifiseerde, inklusiewe en ekonomies volhoubare groei. “Ons moet beleggings in infrastruktuur doen en ʼn meer doeltreffende regulatoriese raamwerk skep om die nuwe geleenthede aan te gryp en algehele groei te steun wanneer die opwaartse kurwe in kommoditeitspryse eindig.”

Ramaphosa sê in dollarterme is die pryse van metaaluitvoere – gelei deur platinum, goud en ystererts – nou so hoog as wat dit in 2011 was. Die pryse het die ekonomie aan die gang help hou tydens ʼn skerp afname in die gasvryheid- en toerismebedryf.

“Gevolglik het groei veel beter herstel as wat ons in die laaste donker dae van April gedink het, hoewel werkskepping steeds agter is.”

Ramaphosa sê belegging in die breër mynwaardeketting is nou nodig om werk te skep, kleinsakebedrywighede te ontwikkel en groei in dinamiese nuwe bedrywe aan te wakker.

“Belegging in infrastruktuur is ʼn belangrike deel van die regering se bydrae tot die groei in die mynbedryf. Ons het dit gesien in die vinnige groei in die platinumbelt oor die afgelope 20 jaar. Kumba-ystererts sal nie bestaan sonder Transnet se vragspoorlyne van die Karoo tot die kus nie.

“Die nuwe mynontwikkelings in die Waterberg in Limpopo maak ook op die regering staat vir doeltreffende laekoste-vervoer en -energie.”

Dit is egter nie al waar belegging in infrastruktuur nodig is nie. Ander beleggings sluit in dié in basiese dienste vir gemeenskappe wat deur die Covid-19-krisis getref is, die opknapping van nywerheidspersele vir vervaardiging en die herstel van die nasionale elektrisiteitstelsel.

Ramaphosa sê die uitdaging is nou om belegging in die mynwaardeketting só te doen dat dit ook ander vervaardigers en gemeenskappe baat. “Ons nuwe beleggings in mynwese moet hulpbronne van buite die regering mobiliseer en bydra tot groter ekonomiese ontwikkeling.”

Op hulle beurt help myne weer om vir grootmaatwaterontwikkelings te betaal – wat ook gemeenskappe baat – vir die vervoer van goedere van eThekwini tot deur Zimbabwe, asook vir beter breëbandtoegang in landelike gebiede.

“Kortweg, die projekte moet ons minerale rykdom inspan om breedgebaseerde industrialisering te ondersteun.”

Ramaphosa sê Suid-Afrika veg vir ekonomiese oorlewing en die mynbedryf gaan nog ʼn geruime tyd ʼn belangrike bydrae tot die ekonomie lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Blomme ·

En wat is jou siening oor die uitdaging van gesag deur jou voorganger Cyril?

Frik ·

Cyril is onder langtermyn hipnose. Sodra iemand die sleutelwoord “zuma” sê, dan word hy stom.

SomeOne ·

indien daar iewers in die groot bedrywe ‘n oplewings is, word daar van die bedryf verwag om die ekonomie te red, waar krap sirrel daardie siening uit, jy jou bondgenote het die ekonomie in sy dinges af getrek, maak jou oë oop, gebruik die biejie grys stof wat in jou kop is

Die Boerepompie ·

Kyk man dit baie baie beter gaan as julle hom uit haal en sit vir neel de beer daar hy sal dit reg maak

Dries ·

Nou moet die Mynbou SA red ???? Van wie moet die mynbou die ekonomie red ??? Ja Ramaphosa die mynbou is deur jou en jou kaders reeds verwoes. Jy en die ANC is die oorsaak van die verwoesting van die ekonomie. Julle is die oorsaaak van al ons probleme man

Genis ·

Ek die ANC elete, insluitend jy CR is die grootste aandeel houers…. Deel met Zuma, dat ons kan sien julle kaders is erenstig oor korrupsie…

Keith ·

The man talks the same old rubbish everytime. He never forgets to mention apartheid which died 27 years ago. along with the murder of minority rights. Instead of visiting other countries, he should rather attend to the judicial mess and lawlessness of his own cadres going on here.

Anel ·

Ek vra weer, wat rook die ou. Dis altyd apartheid, apartheid, apartheid. Ek dink dat omdat die meeste myne nog onder blanke beheer is dat dit so goed gaan. Kyk wst het met die myne gebeur onder our people se beheer. So ou cilleltjie, bedank die regte mense. Maar so tussen ons, wat het jy tot dusver gedoen om iets positiefs aan die ekonomie te doen? Jy vat nie eens die grootste skelm aan nie. Jy is so stil soos ‘n muis. So, gaan rook wat jy rook en klim terug op jou eie planeet. Vat net al jou kamerade saam!!!

Nie Verbaas ·

Likwidasies styg daagliks maar Cyril praat van werkskepping. Verder is hy doodstil van wat by Nkandla aangaan. As almal maar net deur hom kon sien soos ons.

My siening ·

En hy moet appartyd in bring na 28 jaar van mislukte staat.

Bart-Man ·

Almal het koek gevat. Hulle het sommer beleggers se koek ook gevat en die buiteland weggejaag en diewe genoem. Nou word die krummels bymekaar gevee om die mense van honger te red. Waar is die koek dan nou.

Anoniem ·

Bietjie laat om wakker te skrik, Vir wie gaan die Mynbedryf werk skep?

Hennie ·

Regtig, is dit jou strategie? Jy rook kwaliteit kakiebos ou perd! Landbou is hulle ver voor!

marius ·

Vervaardiging moet die land se ekonomie red , met die natuurlike hulpbronne . Maar daarvan weet hul niks . Om alles aan die sjinese te verkwansel en die geld in die sak te druk weet hulle alles van .

Rooikoos ·

Ek het opgehou lees toe ek die woord “apartheid” gesien het.

Schalk ·

Ou Cyril…..jy en elke kader weet wat die probleem, is maar om dit aan te spreek moet julle erken dat julle verkeerd was.
Julle moet terugaan en ekonomiese transformasie se gepaardgaande korrupsie erken. Ook erken dat julle kommunistiese beleid uitgedien is, ook erken dat besigheid sukses nie noodwendig van kleur , ras of geslag afhanklik is vir sukses nie. Inteendeel dit wat moeite, durf en deursettingsvermoe. Dit vat ook insig en verandwoordelikheid teenoor almal. RET en BEEEE is die teenoorgestelde van al daardie prinsiepe.
Julle moet ook erken dat julle rasgedrewe politieke gewildheids praaitjies iutgedien is want julle volgelinge sien dit ook nou raak en die opstandigheid wys. Die ANC skeur en julle verdeel want julle het die mense van Suid Afrika gefaal.

Jack ·

Die ANC het minerale regte genasionaliseer en dit het tot stilstand in mynbou beleggings gelei. Die ANC het via Affirmative Action groot aandeel in mynbou maatskappye verkry en vir baie kaders multi-miljoeners gemaak. African Rainbow Minerals. Die Cosatu vakbonde besit baie mynbou aandele. Mynbou is egter ‘n tanende bate. As die erts uitgegrawe is groei dit nie weer terug nie. INDUSTRIALISASIE is die antwoord, maar dit verg kundgheid, intergriteit en investering. Nie een waarvan die ANC nou eitlik ‘n oormaat van beskik nie. As Ramaposa regtig die ekonomie wil red moet hy heel eerstens die ANC ontbind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.