Mynbou-indaba: ‘Korrupsie het mynbedryf lamgelê’

Roger Baxter, uitvoerende hoof van die Mineraleraad (Foto: Songezo Ndlendle/ANA)

Die skade wat aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aangerig is oor die nege jaar voor Cyril Ramaphosa president geword het, het ʼn groot impak gemaak op beleggingsmoontlikhede in die mynboubedryf, het Roger Baxter, uitvoerende hoof van die Mineraleraad (voorheen die Kamer van Mynwese), Dinsdag gesê.

“Toe ons ʼn jaar gelede in Kaapstad aangekom het vir die 2018-indaba was die sakegemeenskap versigtig optimisties dat dinge sou verbeter, en dit is omdat Cyril Ramaphosa in daardie stadium die vorige Desember as ANC-president verkies is,” het hy gesê.

“Dit was nog 10 dae voor mnr. Ramaphosa die president van die republiek geword het en 21 dae voor Gwede Mantashe aangewys sou word om [Mosebenzi] Zwane te vervang as minister van minerale hulpbronne.”

Baxter het by die 25ste jaarlikse Mynbou-indaba wat tans by die Kaapstadse internasionale konvensiesentrum plaasvind.

Sedert Ramaphosa en Mantashe se aanstellings, het die sake- en mynbouomgewing verander. “Spesifiek vir mynbou het die minister ʼn baie soortgelyke benadering gevolg. Ons is heeltemal bewus van die skade wat aangerig is aan ons ekonomie en ons instansies oor die nege jaar voor mnr. Ramaphosa as president aangewys is. Die wanbestuur en korrupsie wat in daardie periode plaasgevind het, het ʼn groot impak gehad op beleggingsmoontlikhede in die mynboubedryf.”

Volgens Baxter beraam die Mineraleraad dat die bedryf in 2018 ongeveer 7,3% tot die bruto binnelandse produk (BBP) bygedra het, wat effens hoër is as die 6,8% in 2017.

Die mynboubedryf het in 2018 met 1,2% gegroei en verteenwoordig ʼn groeikoers effens hoër as die algemene ekonomie. “Dit is egter nie iets om oor tevrede te wees nie, aangesien die algehele groei teleurstellend bly,” het Baxter bygevoeg.

“Indiensneming in die mynboubedryf het steeds bly daal, maar waarskynlik minder as wat mens sou verwag. In 2018 was ongeveer 454 000 persone direk werksaam in die bedryf. Mynbou-indiensneming verteenwoordig ongeveer 5% van nie-landbou-indiensneming. Ons beraam dat daar vir elke direkte pos in mynbou, twee poste in die ekonomie geskep word.”

Baxter het gesê die bedryf het in 2018 ongeveer R93 miljard tot vaste beleggings bygedra, wat 17% van die privaat sektor se vaste belegging verteenwoordig en 10,5% van die land se algehele vastebeleggingspandering vir die jaar.

“Daar was egter byna geen groei in vaste beleggings in die bedryf tydens 2018 nie. Die bedryf het R312 miljard se kommoditeite in 2018 uitgevoer, 25% van die land se R1,25 biljoen (“trillion”) in uitvoerverkope en noodsaaklike buitelandse valuta gegenereer. Hierdie bydrae styg tot meer as 40% wanneer veredelde minerale tot primêre minerale uitvoere bygevoeg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Michael ·

En ou Zuma hou partytjie elke aand. Die oorsaak van alles.

Snoefie ·

Nie n sekere mynboumanifes wat onder andere blankes oor die ouderdom van 55 uit die mynbou mark verdryf het nie?

Manie ·

CR was die onder president in die tydperk en hy’t nie sy mond oopgemaak. Hy’s net so korrup soos Zuma

Dries du Toit ·

Baxter is op gewonde ha ha. Gooi daai heuningkwas ou maat. Maar dan moet jy begin bid. Ramaphosa was vise presedent in daai jare. Hy het gesit en kyk en niks gesê nie. Asof hy een of ander verlamming onder lede gehad het. Net soos Mantashe

Johann ·

Die HELE ANC was die vorige nege jaar EN die jare voor dit aan bewind. SAAM! In hul duisende ontplooi om SA op elke moontlike vlak leeg te dra, te vat, oor wn oor en oor. Skaamtelose self vergrype. Hoop die tjom het het darm eers seker gemaak by SISULU en kie of hy WEL al. die goed mag se??????? Dis mos die nuwe voorskrifte vir DEMOKRASIE!

Jan pierewiet ·

En hulle het geweet dit gebeur….
Nou wil hulle opbou?
….mmmm dus het hulle gedink die mynbou sektor sal nie platval nie….
Lol die opperheimers het ondernemings gehad toe maak die sisteem n gemors van alles

Dina ·

Korrupsie het die hele land lamgelê en alles wat in goeie werkende florerende toetstand was tot niet laat gaan.

Swart koei ·

En Gwede Mantashe met sy blink spoeg mondjie wie se huis deur Bosasa opgeknap is en Cyril Ramaphosa wie geld by Bosasa gekry het vir sy veldtog en miljoene skep uit die myne, stap skotvry uit. Nou ja

B ·

ANC ideologie le alles lam, punt.

Dis kloof is grootliks onoorkomelik in my opinie.

christa ·

ja Zuma en sy trawante het SA leeg gepomp. Dalk gaan sy doodskleed groot sakke he.

Deon ·

Darem gerieflik om aan te jaag en dan nog steeds ‘n werk te hê. Een van baie redes waarom die land in sy maai is.

Jerry ·

Korrupte ANC het mynbou lam gele en nou moet beleggers red wat te redde is net totdat die korrupte ANC weer in die toekoms mynbou lamle. Die proses gaan homself bly herhaal totdat daar niks meer geplunder kan word nie en die ANC elite en kaderstrukture skatryk is en die res arm. Weerhou beleggings, weerhou belasting, kla die ANC staat aan vir verraad teen SA vir staatskaping. Stop die ANC nou terwyl hulle gestop kan word.

B ·

Nee Jerry, ons moet mos detente beoefen! ?

(Of het iemand jou naam ge-hack?)

Jerry ·

B, jou en CR se kanse om te versoen het julle verby gegaan. Nou gaan die geleentheid om die ANC saam met Eskom te sink jou ook verby gaan. Wat dink jy le vir jou voor omdat jy nie wil luister nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.