‘Mynbouhandves sal myne, werksgeleenthede vernietig’

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake het vandeesweek gesê die inwerkingtreding van die mynbouhandves wat onlangs gepubliseer is, kan lei tot die vernietiging van myne én talle werksgeleenthede.

Die organisasie het gesê hoewel hy die Kamer van Mynwese se standpunt om dié handves voor die hof te daag ondersteun, sal die minister van minerale hulpbronne, Mosebenzi Zwane, volle verantwoordelikheid moet neem vir die uittog van buitelandse en binnelandse beleggings in die mynbedryf indien dié hofgeding nie slaag nie en die minister sou voortgaan om die handves in werking te stel.

Armand Greyling, regs-en-beleidsontleder by AfriSake, sê indien beleggers die inwerkingstelling van die handves se doelwitte as nadelig vir standvastige en winsgewende beleggings beskou, kan beleggers moontlik hul kapitaal elders neem.

“Die onafwendbare uitkoms sal wees dat myne óf enorme afdankings sal toepas – wat tot werksverlies sal lei – óf in ernstige gevalle selfs sal sluit,” sê Greyling.

Die handves poog om SEB-eienaarskap van 26% tot 30% te verhoog, en verwag van mynreghouers om ’n minimum van 1% van hul jaarlikse omset aan ’n swart aandeelhouer te betaal. Dit sal in werklikheid beteken dat SEB-eienaarskap geen risiko’s in terme van hul aandele-eienaarskap hoef te neem nie. Die myn en ander aandeelhouers sal alle finansiële gevolge self moet trotseer en terselfdertyd aan die handves moet voldoen.

Prospekteerregte sal ook slegs aan entiteite toegestaan word wat 51% swart eienaarskap het, wat in die praktyk voorgenome mynbou-bedieners sal dwing om eienaarskap van ’n maatskappy oor te gee voordat enige mynbou kan plaasvind.

Moneyweb het onlangs berig dat die aankondiging van die nuwe mynbouhandves veroorsaak het dat hulpbronaandele getuimel het en ’n geraamde R50 miljard van die markkapitalisasie van JSE-gelyste mynboumaatskappye uitgewis is.

Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid, sê die handves sal nie net vir die aandelebeurs nadelig wees nie, maar ook vir werksekuriteit in dié sektor.

“Vakbonde moenie hul woede op myne en hul besture uithaal as werksverlies plaasvind nie, maar eerder op die minister omdat hy sulke diskriminerende en drakoniese beleidstellings afdwing,” sê Castle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Hierdie diskriminerende wette gebaseer op voordele vir n sekere ras in hierdie geval swart moet geskrap word dit is net so uitgedien soos die anc regering

Sw ·

Ons regering sal nie rus voordat SA nog ñ verlate land op Afrika raak nie. Hul arrogansie is ongelooflik verstommend om te dink SA sal die goue gans bly op die kontinent ongeag wat hul besluit.
Ons sal moet bid dat hul wysheid ontvang, want dit het hul duidelik nie.
Hulle is ñ onbevoegde spul wat nie die dinamika van ñ volhoubare ekonomie verstaan nie.

Magda ·

Daar is so baie stakings by die myne en geld wat dan verlore gaan – geen wonder daar meot mense afbetaal word nie – en die mense wat so baie kla – gaan staak by Zuma se seun wat “hoeveel” gesteel van die myne – en het daar al iets van gekom – die mense veroorsaak hulle eie pyn met net wil he en nie Hard werk daarvoor nie. Julle verdien alles wat na julle kant toe kom want as daar iets goed is -soek julle meer en brand of vernietig net af as julle nie julle sin kry nie – so jammer maar dis julle eie skuld. Geen simpatie meer nie.

cor ·

Die sluit van myne is die staatskapers se strategie want dan kan hulle myne wat winsgewend is oorvat die nie winsgewende myne plunder soos op Stilfontein, die Oosrand en ander plekke, die res los hulle dan vir zamma zammas. Met die nuwe handves word daar geensins aan die werkers gedink nie maar net wat kan hulle daar uit kry.

Domvraag ·

Wil die ANC dan nie leer nie. Hulle wil dieselfde beleid toepas as Zimbabwe. Kyk net na Zimbabwe want dis waar ons gaan eindig —hoë inflasie, groter werkloosheid, geld wat niks werd is en meer Zimbabwiers wat buite Zimbabwe bly om te probeer oorleef.
Die vakbonde moet wakker skrik. Dit gaan nie om n beter lewe vir jul lede nie, maar slegs n uitgesoekte elite en die werker gaan die prys betaal met minder werksgeleenthede

John ·

Wie por die wysigings aan? Vreemde base met eie planne? Vir meer as ‘n eeu wou plaaslike swartes nie in ons myne werk nie en vreemdes uit die buurlande is ingevoer. Nou skrik hulle wakker en wil hiet en gebied… En in die haas om van die glo witkapitaal ontslae te raak… raai, raai watter kleur gaan die kapitaal nou kry en na waar rubberboot… eh?

snoefie ·

ou mossie is mos deur en deur n zuma man. moet wys hy is mossie maar man. 4k daai. anc MONEY MAKETH MONEY. hou op was. hou op verteer. as n swart aandeelhouer meer geld wil maak sal hy maar meer geld en arbeid moet insit. NOTHING FOR NOTHING.

MCH ·

Anglo en de Beers was bitter wys om hul hoofkantore na die buiteland te verskuif jare gelede. Jammer vir plaaslike myn maatskappye, Jul gaan die hitte voel. Wanneer jul uit die bedryf onttrek, herstel asb net die omgewing deur die gate op te vul met gewapende be ton. Dit sal eise vir nalatigheid na die tyd voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.