Myner sterf in ondergrondse voertuigongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Lokomotiefoperateur is in ʼn ondergrondse voertuigongeluk by die Mponeng-myn in Carletonville dood, het AngloGold Ashanti gesê.

Volgens AngloGold het die ongeluk Donderdag plaasgevind. Die myngroep het egter eers Maandag ʼn verklaring daaroor uitgereik. Die departement van minerale hulpbronne is in kennis gestel en ʼn in loco-inspeksie is gedoen.

AngloGold het sy meegevoel met die oorledene se familie, vriende en kollegas uitgespreek en gesê daar word bystand aan die werknemer se familie verskaf in dié moeilike tyd.

Aktiwiteite in die afdeling waar die ongeluk plaasgevind het, is vir eers opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja Henry maar ek weet wat jy bedoel. Personeel word ook vervoer na hul verskillende werksplekke. Dis egter nie duidelik of die operateur (drywer) buite die voertuig (lokomotief?) was aldan nie. Ek reken dat hierdie ‘n uiters seldsame ongeluk is. In die stuurkajuit is hy gewoonlik baie goed beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.