Myners gyselaar gehou by Gold One-myn

(Foto: Gold One International)

Sowat 543 mynwerkers word gyselaar gehou by die Gold One Modder East-myn in die ooste van Johannesburg.

Volgens berigte is verteenwoordigers van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) verantwoordelik vir die situasie.

“As ʼn dorp wat op mynbou staatmaak, is die veiligheid en welstand van die mynbougemeenskap in Springs noodsaaklik,” sê Ashor Sarupen, die DA-kieshoof vir Springs, Brakpan en Nigel. Hy is baie besorg oor die gyselaarsituasie wat tans voortduur. “Enige optrede wat die lewens en veiligheid van dié mynwerkers bedreig, is onaanvaarbaar. Ons versoek dat alle mynwerkers onmiddellik en veilig vrygelaat sal word.”

Sarupen sê dit is noodsaaklik dat diegene wat verantwoordelik is vir dié onwettige en gevaarlike optrede, aanspreeklik gehou word. “Ons verwag van wetstoepassers om vinnig op te tree en ondersoek in te stel.”

Die DA doen ook ʼn beroep op Amcu om ten volle met owerhede saam te werk en die veilige vrylating van die mynwerkers te verseker.

“Ons dink aan en bid vir die mynwerkers wat tans ondergrond aangehou word, asook hul families wat ongetwyfeld baie angstig is oor hul geliefdes se veiligheid. Ons sê ook baie dankie aan die paramedici en nooddiensbeamptes wat onverpoosd werk om seker te maak die beseerde persone ontvang die nodige mediese behandeling.”

Sarupen sê as DA-LP in die gebied sal hy die situasie baie noukeurig monitor.

“Ons bevorder steeds die regte en veiligheid van ons mynbougemeenskap en ons staan verenig in die strewe na geregtigheid en ʼn vinnige oplossing vir die krisis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Net in die ANC se staat van anargie, waar “georganiseerde arbeid” onverandwoordbare regte toegeien word! Absoluut Absurd!

Papsak ·

Geen wette tel of werk in SA nie nie solank hierdie klomp onbevoegde regering en kaders regeer nie

koos10 ·

Ons leef in ‘n mal land. Vakbonde tree soos die mafia op en politieke partye tree soos vakbonde op, en die ergste van alle is dat hulle niks vir die werkers voel nie, en net hulself wil verryk.

Miena ·

dit is glad nie wat hier aangaan nie. dit is juis vir ons myners dat hulle doen wat hulle doen.

Impact ·

Bring die Reaksiemag en Eenheid 19 terug – hulle al hulle vinnig uitsort. Wonder hoeveel mense hou nou die klompie aan – 2/4/6/8 of ook oor die 500?

Miena ·

luister na die nuus – dit is als net skyn aanhouding om n punt te probeer maak.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.