Myners se kruideniersware en haarstuk opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat het Vrydagoggend kruideniersware en ʼn haarstuk, wat vermoedelik aan onwettige myners in Welkom behoort, opgespoor.

“Die polisie het beeskrale in Brand-mynskag 2 in Welkom patrolleer toe hulle ʼn verdagte man met ʼn sak opgemerk het,” het Molebogeng Lechesa, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het die sak weggegooi toe hy die polisie gesien het en het te voet in die veld in gevlug.”

Lechsa sê die polisiebeamptes het die man tevergeefs agternagesit.

Die swartsak het hoenderstukke, boontjies, kookolie, macaroni, sop, waspoeier, skyfies, koekies, kitspap en ʼn haarstuk bevat. “Ons vermoed dit is kruideniersware vir die onwettige myners, omdat die man naby die myn opgemerk is,” het sy bygevoeg.

Sy sê die polisie kon nie dadelik bevestig waarom daar ʼn haarstuk in die sak was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.