Mynhuis hof toe oor grondgrype in Westonaria

Grondbesetting in Westonaria (Foto verskaf)

Die honderde onwettige plakkers wat die afgelope week hul intrek op myn- en private grond buite Westonaria geneem het, kan nie langer geduld word nie, het die VF Plus Dinsdag gesê.

Die eerste grond wat langs die R28 beset is, behoort aan die myngroep Sibanye Gold en ʼn private eienaar.

“Die besetters is gou van die grond verwyder, maar het ʼn dag later teruggekeer en het op ʼn aangrensende stuk grond, tussen mynhuise, hul sinkhuise gebou. ‘n Hofbevel is toegestaan en besetters sal waarskynlik vandeesweek deur die Rooi Miere-sekuriteitsgroep verwyder word,” het Charles Brough, VF Plus-raadslid in die Rand West- plaaslike munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê.

“Grondeienaars bestee duisende rand om onwettige plakkers deur ʼn hofbevel van hul grond te verwyder terwyl owerhede ongevoelig toekyk hoe onskuldiges van hul grond beroof word. Grondbesetters kan nie op grond sonder behoorlike dienste gehuisves word nie. Wanneer munisipaliteite toelaat dat mense lukraak plakkershuise bou, kan so ʼn gemeenskap nie behoorlik funksioneer nie.”

Brough het bygevoeg die VF Plus in Rand West keur onwettige grondbesetting ten sterkste af. “Hierdie is weereens ʼn bewys van ʼn ANC-beheerde munisipaliteit wat gefaal het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

De Villiers ·

Kla die president aan, want dis hy wat hierdie indruk by die massas geskep het. Dit gebeur omdat hy tot dusver nog glad nie verduidelik het hoe grondonteiening sonder vergoeding gaan werk nie. Verhaal dan die kostes vir die hofbevele van die president self.

Michelle ·

Ek stem heeltemal saam verhaal dit van die president jy kan nie net opslaan en plak nie. Die mense moet toegesluit word saam met die munisipaliteit en wie ook al wat hul toestemming gegee het. Privaat grond is privaat grond en dit is nie almal se grond nie. Laat die man van die munisipaliteit sy eie stukkie grond met die plakkers deel as dit nou so krisis is.

daniel ·

Ons het tot in hierdie onmoontlike moeras beland a.g.v die “regering”? se onvermoe om verder te dink as stemme en geld in hul sakke.

Hendrik vd Westhuizen ·

Kan iemand asb verduidelik wat die presiese optrede van die publiek moet wees indien plakkers besig is om bv. in n park in jou area sinkhuise op te rig.
Wie maak die saak, Is daar n Proforma beskikbaar. Hoe vinnig moet dit gedoen word. Ons kan kommentaar lewer tot die probleem op jou voorstoep is en dan wil ons rondspring.
Wees Pro-Aktief

Foxi ·

Nou laat hulle op daardie grond gaan plak. Hulle sal vinnig padgee sodra dit weer insak, dan sal hulle die regering die skuld gee. Ons het jare daar op n stukkie grond gebly, moes vinnig trek, want jy weet nie waar dit sal inval nie. Waarom dink hulle is daardie grond leeg.

jakes ·

Die regering doen niks aan grondgrype nie. Sambokke en knuppels is al wat sal help. Dis n kwessie van tyd voor elke oop stukkie grond vol plakkers gan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.