Mynmaatskappy kry interdik teen Nama-delwer

‘n Delwersoptog vroeer op Springbok. Voor staan Louis Liebenberg langs kapt. Paulus Swartbooi. (Foto: Isaac Cloete)

“Diamante is ʼn gawe van die Allerhoogste, niemand sal die mense keer om deel van die rykdom te wees nie.”

Dit is weens dié soort Facebook-uitsprake dat Gaob Paulus Swartbooi, ʼn Nama-kaptein, Vrydag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley moes verskyn.

Die hof het ʼn dringende interdik teen Swartbooi toegestaan. Die hof het gelas dat Swartbooi alle Facebook-plasings wat teen die mynmaatskappy De Beers gemik is onmiddellik moet verwyder.

Swartbooi moet daarbenewens ʼn inskrywing op Facebook maak waarin hy alle vorige aanhitsing terugtrek. Hy moet ook onmiddellik enige aanhitsing in dié verband staak.

In ruil hiervoor is ooreengekom dat Swartbooi nie vir 60 dae toegesluit word nie, volgens hofstukke wat vooraf ingedien is.

“Ek respekteer die uitspraak. Ek gaan eers die volledige uitspraak bestudeer en dan in oorlegpleging met my regspan teen Maandag ʼn verklaring uitreik,” het Swartbooi gesê.

Die saak tussen Swartbooi, De Beers en Diamond Coast Aqua Culture spruit voort uit ʼn jare lange geveg dat die plaaslike inwoners by Kleinsee en ander diamantgebiede toegang kry om te gaan delf.

Swartbooi glo steeds vas dat hierdie diamantryke grond aan die Namas behoort. Hy het al verskeie kere koppe gestamp met die mynbase, polisie en die regering omdat hulle nie gehoor wil gee aan sy oproep en versoeke nie.

Delwers het buite die hooggeregshof in Kimberley bymekaargekom om Swartbooi te ondersteun (Foto: Isaac Cloete)

Die Nama-mense van die Richtersveld het jare gelede ʼn grondeis ingedien en gewen. De Beers het egter nog die permitte om hier te myn.

Die hooggeregshof in Kimberley het op 22 Februarie reeds ʼn voorlopige interdik uitgereik wat Swartbooi verbied om hom te wend tot enige aanhitsing, grondbetreding of Facebook-plasings waarin hy ander aanmoedig om op hierdie grond te gaan delf.

Volgens De Beers het Swartbooi blykbaar die interdik verskeie kere verontagsaam waarna die mynmaatskappy die dringende hofaansoek ingedien het.

“Hulle wil my stilmaak, hulle wil my doodmaak oor ons mense se grond,” het Swartbooi voor Vrydag se uitspraak gesê. Volgens hom het hy ook nog nie die uitslag van die balju oor die uitspraak van 22 Februarie ontvang nie.

“Ek weet nie waaroor dit eintlik gaan nie. Ook verstaan ek in elk geval nie die regsterme nie, daarom weet ek nie wat ek mag of nie mag doen nie.”

Swartbooi het ook verwys na Godfrey Oliphant, ʼn voormalige adjunkminister van minerale bronne, se uitspraak ʼn jaar gelede op ʼn plaaslike gemeenskapsradiostasie waarin hy glo inwoners genooi het om te gaan delf. Hieroor was Oliphant nooit in die spervuur nie. Oliphant het nog nie op navrae hieroor reageer nie.

Louis Liebenberg, ʼn plaaslike diamanthandelaar, het Swartbooi se regskoste betaal.

“Die regering, geldmag, mynhuise en die media is bewus van die ellende en pyn van die Namas, maar hulle bly grafstil hieroor. Die skatkis van diamante behoort aan die Namas, maar die hele streek kan hieruit baat.”

Luidens bronne krepeer die Namas weens werkloosheid, armoede, asook geen of min ontwikkeling nie. Daar werk wel plaaslike inwoners vir die mynhuise.

Mense het voorheen van elders met groot en duur masjinerie, myngereedskap en arbeiders gekom om te delf. Van hulle het dus só gou “ryk” geword. Die plaaslike inwoners het egter nie geld om dit te doen nie en gebruik bloot pikke, grawe en goedkoop toerusting om te delf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Verstaan nie. ·

Ek kan Swartbooi se frustrasie verstaan.
Dit is hulle grons maar hulle mag niks daar doen wat inomste genereer nie.
As ander nou my plaas bekom en ek wil daarop boer sal ek huurgeld moet betaal.
As jy in iemand se huis bly moet jy huurgeld betaal.
As iemand op my grond wil myn moet hulle seker ook ten minste huurgeld betaal.
Hierdie klink vir my ook na die bevoordeling van mynbase.
Ek wil my by die Namas skaar.
Of is ek nou gek?

! Ghau tjeent. ·

Verstaan nie. Jy het n punt beet. As die Namas die grond gekry het da moet De Beers mos huur betaal.

humor ·

Ek dink die ou Nama het beslis n punt beet. Maar as die mynhuise sal onttrek sal die regering weer ingryp want alle grond behoort mos alleen aan swartes, nie bruinmense nie.

Christa ·

Swartbooi het n punt. Dis die Here sin en die myn Wil alles inpalm. Hulle het mos genoeg. Eendag Sal Hemel se strate daarmee gesaai wees

Karl ·

Dr Hans Merensky het die ryk diamant neerslae ontdek deur intellektuele berekeninge. De Beers het sy regte uitgekoop. Die Namas het op daardie grond voortgeploeter, hulle sal niks van diamante geweet het nie indien dit nie deur De Beers ontgin was nie. Die wat laaste kom sal nie ryk word nie. Diamanthandel word in elk geval sterk beheer en die hebsugduiwel kry jy verniet saam.

Zombie ·

Die naam lui ń klokkie by jou, omdat jy dit al waarskynlik êrens gehoor het of van die persoon gelees het. Google gerus die naam om meer uit te vind.

Leon Coetzee ·

Louis Liebenberg het destyds Wealth 4 U gestig en arme beleggers van miljoene rande ontneem

Vissie ·

De Beers moet al jou inskrywings kry waar jy hulle diskrediteur. Daar is mense wat jou graag in oranje klere wil sien. Dink net ‘n interdik teen jou. Bring it on.

Vissie ·

De Beers moet al jou inskrywings kry waar jy die maatskappy diskrediteur. Mense wil jou in oranje klere sien.

Natascha ·

Hoekom nie dieselfde wet toepas op Malema ook nie, hy hits meer mense aan as Swartbooi.
Ek verstaan Swartbooi se frestasie, die arme mense kry altyd die kortste end, maar vir die swartes word als mos verniet gegee.

Myner ·

Kimberley is nie meer so diamant ryk soos dit eens of n tyd was nie. Die myn is oorgekoop deur Petra Diamonds, en is tans nie n winsgewende myn nie. dieselfde met Kleinzee, ongelukkig is daai plekke al uitgemyn, en De Beers is land uit.

Ja swaer ·

Julle weet seker hoekom De Beers so hard skop teen die plaaslike mense? Daar is natuurlik baie regeringshande in hulle pot. Dis hoogtyd dat kapitalistiese monopolieë soos De Beers in die bek geruk word en die rykdom vd aarde aan die mense terug gee

Aksie SA ·

Ons kan ons gedagtes ‘n eeu en selfs langer laat teruggaan….. dit sal dan die ware staats/ landkaping ontbloot!

madels ·

Swartbooi is heeltemal reg. Hierdie ding dat regerings reg het tot die goud en diamante is sommer nonsens. Die Here het die aarde aan die mensdom gegee met alles wat daarin is maar nou mag niemand n ongeslypte diamant besit of dit myn of selfs goud myn nie. Alles behoort aan net sekere maatskappye.

B ·

Natuurlik is die man 100% reg!
Ek het middel 80’s dieselfde argument gevoer teenoor PUK dosente, en hulle kon later ook nie meer die kunsmatige arbitrêre ‘redes’ verduidelik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.