Mynmanne van groot bedrog beskuldig

Argieffoto

ʼn Oudwerknemer van ʼn myn in Mpumalanga het Maandag in die landdroshof op Barberton verskyn in verband met belastingbedrog van amper R2 miljoen.

Die Valke het Lucky William Matse (40) onlangs in hegtenis geneem, sê hul woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi.

Nadat hy vandag verskyn het, is hy vrygelaat met ʼn waarskuwing. Die saak is uitgestel tot 4 Desember, wanneer hy en sy medebeskuldigde, Thommy Mduduzi Masango (45) wat op borgtog van R5 000 vrygelaat is, saam in die hof sal verskyn.

Sekgotodi sê Masango, wat menslikehulpbronbestuurder van ʼn plaaslike myn was, het na bewering tussen 2011 en 2014 namens werkers van die myn vervalste belastingopgawe-eise aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) voorgelê.

“Die SAID het nagenoeg R1,9 miljoen verloor weens die beskuldigde se onwettige bedrywighede waarin hy deur Matse bygestaan is,” sê Sekgotodi. Masango, ʼn drywer op die myn, het as Matse se bode opgetree en IRP5-vorms by werkers gaan haal en dan aan Masango besorg.

Albei staan tereg op 41 aanklagte van bedrog.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boy van die Suburbs ·

What’s new? Bedrog, korrupsie, wanbestuur, misdaad en moord is dan die norm……

Daan Erasmus ·

Kyk na die manne se vanne. Dit spreek boekdele. Sekere mense kan maar net nie uit die moeilikheid bly nie.

Mrs H ·

Altyd geweet daai motorkarre is nie met eerlikke geld gekoop nie. Dan nou weer, van wanneer af kan hulle enige eerlikheid aan die dag lê?

Gert van Wierdapark ·

Dis verregaande dat Matse met n Waar-Skuwing vrygelaat word en Masange met R5 000 borgtog. Hoe de hel kry die regstelsel dit reg – – n flippen waarskuwing!? Matse get hom seker oor n mik geskrik (geskurk) of oor n mik gelag vir die Vermaning!

Jaun ·

Was Masango nou die menslike hulpbronne bestuurder of die drywer?…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.