Mynproduksie in SA daal

Argieffoto

Statistiek SA het Donderdag gesê mynproduksie in Suid-Afrika het in Mei vandeesjaar met 2,6% jaar-op-jaar afgeneem.

Goud, steenkool en mangaanerts was die hoof- negatiewe bydraers met goud wat 16,2% geval het vergeleke met Mei 2017. Steenkool-uitset het met 4% geval en mangaanerts met 23%.

Alhoewel die oorhoofse produksie afgeneem het, is minerale verkope 15,1% hoër as in Mei 2017.

Mynproduksie wat seisoenaal aangepas is in die drie maande tydperk wat in Mei 2018 geëindig het, het vergeleke met die vorige drie maande met 2,6% afgeneem. Agt van die 12 minerale en minerale groepe het negatiewe groei getoon.

Dié syfers kom dae ná die Minerale Raad van Suid-Afrika gesê het dat driekwart van die land se goudmyne nie-winsgewend geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris Ws ·

Ek wonder of daar nog myners is wat hulle “call” kry een maal ‘n jaar?Ek twyfel sterk.Hierdie is ‘n aanduiding waarheen myne oppad is.Die dae van goeie produksie syfers behaal is geskiedenis.

Gemaskerde Sopbeen ·

Gou. Nasionaliseer die myne…..voor juju hier lees!!

bert ·

Ek dink die werkers met hul belaglike looneise werk hulself uit hul job uit.
Myne is net nie meer winsgewend nie en ‘n belegger sal slegs investeer as hy ‘n opbrings uit sy belegging kan verwag.
Ek praat nog nie eers van onteiening nie, die myne is waarskynlik na die grondonteiening aan die beurt.

Weti meer ·

Chris Ws ons sit dan met drie keer n week blaas n myner op n paneel….dis belaglik.

Mynopmeter ·

Weti & Chris, dan moet daardie stof (erts) ook nog uit kom vanaf die werksplek. Huidig is ouer myne se afbouplekke ook kilometers vanaf ‘n skag en vervoerkostes hoog. Tyd gaan dus ook verlore ná en van die werksplek met vervoer van personeel en gereedskap. Instandhouding van vervoerbane bo- en ondergronds is maar enkele van kostes. Natuurlik is arbeid (personeel) ook ‘n kopseer met ‘demands’ sonder verhoging in produksie. Reserwes met vooruitskatting word vir ‘n jaar bepaal vir afbouplekke met inagneming van betaalbaarheid van die werksfronte. So kan ek aangaan. Toentertyd (en ek glo met julle ook) was daar slegs twee publieke vakansiedae per jaar want myne kon nie bekostig om stil te staan, nou se dae is omtrent alles vakansiedae. Dan is daar nog die ‘strike’-dae wat ook bykom. Nee-wat, as jy die melkkoei mishandel sal jy (té laat) uitvind dat sy besig is om te vrek en dan is kosgee tydmors. So die minister moet maar aangaan met ‘slim’ planne wat futiel gaan wees.

John ·

Eintlik verdien die stakers ‘n swart bestuurkorps, want dan sal daar afdankings wees wat skrik vir niks en stakers se groot monde summier gestop word. Onwettige myn sal aan die orde van die dag wees en sterftes… en wie gaan dan blameer word… O ja, en die huidige syfers soos groot winste lyk. Opperheimer was reg toe hy gese het, ‘n myn is net ‘n gat in die grond, dis die res wat wins lewer.

Beleggers ·

Beleggers bele nou in Chile en Australie, baie beter opbrengste.

Jodi ·

Mense is onbevoeg om di wqerk te down maar moet aangestel word en sodra stappe feneem word teen swak produksie of veiligheid staak di unies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.